NewsNews

Eerste sneeuval van 2020…. Valies, voel julle die winterwindjie wat waai?

Kyk waar kom die Vaaldriehoek se skielike koue vandaan!

Ingeperkte Vaaldriehoekers wat nog nie vandag buite was nie, sou dit dalk nog nie gevoel het nie, maar hier is vandag beslis ‘n byt in die windjie!

Waar kom die koue vandaan? Waarskynlik uit die Wes-Kaap, waar die eerste wintersneeu van die jaar laasnag (6 & 7 April) op die Matroosberge geval het.

Henry McDonald rapporteer op die Facebook-groep Reënval in SA dat dit laasnag op dié berge in die Ceres-distrik gesneeu het. Hy sê daar is – soos wat verwag kan word – ‘n aanvoelbare daling in die temperatuur. (Foto-erkenning aan die Matroosberg-reservaat).

Wanneer dit op die Kaapse berge begin sneeu, word dit gewoonlik ook skielik kouer in die Vaaldriehoek, dus kan ons verwag dat dit dalk die begin van ‘n redelike vroeë winter is. Terwyl ons almal nou in afsondering is weens Covid19, is dit dalk net die regte tyd om jul wintersklere uit te haal en reg te kry vir wanneer ons  weer moet teruggaan werk toe.

Soek sommer ook daardie lekker wintersresepte…. boontjiesop, pannekoek en souskluitjies…. en dié wat nog rooiwyn in die huis het kan gerus op die internet soek na lekker glühwein-konkoksies om liggaam en siel warm te hou!

Geniet die komende winter!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button