NewsNews

9 April: Covid-19 eis reeds 18 lewens in SA

Daar is nou 1 845 postief getoetste Covid-19 gevalle in Suid-Afrika nadat nog 96 mense positief getoets het (die vorige getal was 1 749). Tot dusver is daar regoor die land reeds 63 776 toetse gedoen. Die virus het intussen 18 lewens in Suid-Afrika geëis. Daar het 95 lyers herstel, maar daar is nog 1 732 aktiewe gevalle waarvan 76 kritiese gevalle is.  (Hierdie getalle mag deur die loop van die dag verander).

Die wêreldwye Corona-19 positief getoetste gevalle is nou reeds 1 519 084 (gister was dit 1 432 373) en het reeds 88 528 lewens geëis (gister was dit 82 114). Daar het 330 860 herstel (gister was die aantal 302 292). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 209 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope twee dae by die lys gevoeg nie).

Gauteng het steeds die meeste gevalle met 782, gevolg deur die Wes-Kaap 495, KwaZulu-Natal 354, Vrystaat 88, Oos-Kaap 45, Limpopo 21, Mpumalanga 21, Noordwes 15, Noord-Kaap 13. Daar is 11 gevalle wat nie toegeken is aan ‘n provinsie nie.

  • Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander):

Die VSA het tans die meeste Covid-19 gevalle – 435 128 (vorige getal was 400 540), wat 14 795 sterftes insluit en 22 891 wat herstel het. Daar is nog  397 442 aktiewe gevalle.

Spanje het nou 148 220 gevalle (vorige getal was 141 942), wat 14 792 sterftes insluit en 48 021 wat herstel het. Daar is tans nog 85 407 aktiewe gevalle.

In Italië is daar  139 422 gevalle (vorige getal 135 586), en die hoogste sterftesyfer van 17 669. Daar het 26 491  herstel. Daar is nog 95 262 aktiewe gevalle.

Duitsland het 13 296 gevalle wat 2 349 sterftes insluit en 46 300 wat herstel het. Daar is nog 64 647 aktiewe gevalle.

Frankryk het 112 950 gevalle (vorige getal 109 069), wat 10 869 sterftes insluit en 21 254 wat herstel het. Daar is nog 80 827 aktiewe gevalle.

In China is daar tans 81 865 gevalle (vorige getal 81 802),  wat 3 335 sterftes insluit en 77 370 wat herstel het. Daar is tans nog 1 160 aktiewe gevalle (wat ‘n afname is van vorige aantal 1 190).

In Iran is daar 64 586 gevalle (vorige getal 62 589), wat 3 993 sterftes insluit en 29 812 wat herstel het. Daar is nog 30 781 aktiewe gevalle.

In die Verenigde Koninkryk is daar 60 773 gevalle (vorige getal 55 242), wat 7 097  sterftes insluit en 135 herstel het. Daar is nog 53 501 aktiewe gevalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button