Local newsNewsNews

Groot dank aan plaaslike DBV-helde

VEREENIGING. - Die beamptes en personeel van die Vanderbijlpark/Vereeniging Dierebeskermings Vereniging (DBV) verdien voorwaar erkenning vir die onbaatsugtige diens en hulp wat hulle altyd, en veral nou tydens die nasionale inperking, aan diere in nood verleen.

Terwyl die meeste mense veilig in hul huise wag dat die koronavirus gestuit word, pak die personeel van die plaaslike DBV-takke hul daaglikse take soos normaal aan. Daar is natuurlik veiligheidmaatreëls wat gevolg word om dit te vermag.

In een van die onlangse gevalle het die DBV-beamptes daarin geslaag om ‘n jong katjie wat vir twee dae in ‘n boom vasgesit het, te red. “Die katjie was baie honger en gedehidreer. Terug by die DBV het die katjie dadelik begin eet en water drink. Die katjie kon gelukkig daardie aand veilig en warm slaap,” vertel een van die beamptes.

Daar is tans nie vrywilligers wat die DBV-personeel kan bystaan nie. Die personeel moet dus tussen al die reddingswerk ook tyd inruim om die hokke skoon te hou, die diere kos en water te gee, tyd saam met hulle te spandeer en natuurlik ook bad. Die personeel het gewag vir ‘n heerlike sonskyndag voor die groot bad van die diere aangepak is. Sodoende is die diere skoon en vlooi- en bosluis-vry.

Om tyd in te ruim om persoonlike aandag aan die diere te gee, kom die personeel vroeër in die oggende in, en gaan ook later as normaalweg huis toe.

  • Vaalweekblad bedank die plaaslike DBV-takke vir die opoffering!
  • Indien daar mense of organisasies is wat die DBV op enige wyse kan bystaan sodat hulle gedurende die inperking kan kos koop vir die diere, asook om hul werk te kan voortsit sal dit hoog op prys gestel word.
  • Die katjie wat deur die beamptes van die plaaslike DBV gered is.
    ‘n Heerlike sonskyndag is onlangs gekies as die dag vir die “groot bad” by die DBV.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button