Covid-19 stop nie medisyne aflewerings nie
Medisyne, veral chroniese medisyne, is 'n reddingsboei vir 'n beduidende deel van die Suid-Afrikaanse bevolking. Die Covid-19-uitbraak het pertinente vrae laat ontstaan oor diegene wat sosiale distansiëring toepas, en hoe hulle kan voortgaan om toegang tot hul medisyne te verkry terwyl hulle onnodige kontak met ander mense vermy. Gelukkig bied Medipost-apteek met sy logistieke kundigheid, praktiese voorsorgmaatreëls om die aflewering van medisyne veilig en ononderbroke moontlik te maak vir diegene wat verkies om toue in die apteek te vermy.

“Die meeste Medipost-apteekpasiënte het altyd hul chroniese medisyne ontvang sonder om ‘n voet binne ‘n apteek te sit. Met die onlangse beroep op mense om noue kontak met ander te vermy om die verspreiding van Covid-19-infeksies te voorkom, maak hierdie manier om medisyne te kry vir diegene wat dit nodig het, meer sin as ooit, ”sê Louis Scheepers, uitvoerende hoof van Medipost-apteek.
“As die grootste nasionale koerierapteek in Suid-Afrika, het ons soliede gebeurlikheidsplanne en voorsorgmaatreëls geïmplementeer sodat pasiënte en gesondheidsorgverskaffers aan wie ons dienste lewer, op ons kan vertrou tydens die Covid-19-pandemie.”
“Baie ouer mense sowel as ander wat meer kwesbaar kan wees vir meer ernstige komplikasies van Covid-19, asook al hoe meer lede van die breër publiek, is besorg daaroor om openbare plekke en apteke te besoek en pas self-isolasie of sosiale distansiëring toe om hul risiko vir infeksie te verminder.
“Ons boodskap aan dié mense is dat ons gereed is om hul medikasie en gesondheidsverwante produkte te lewer, in ooreenstemming met streng higiëniese maatreëls om besmetting te voorkom vir die veiligheid van alle betrokkenes.”
Verder werk hulle onder streng instruksie om hul hande en produkte wat in die afleweringsproses gebruik word noukeurig te sanitiseer, voor en na elke aflewering terwyl voertuie gereeld skoongemaak en ontsmet word. Handreinigers moet ook binne voertuie gehou word om die risiko van besmetting te verminder, en kontak met pasiënte en hul huishoudings word tot ‘n absolute minimum beperk.
“Wat die voortgesette beskikbaarheid van medisyne en ander voorrade betref, het ons voortdurend kontak met vervaardigers en verskaffers. Almal het ons die versekering gegee dat hulle oor genoeg voorraad beskik en geen tekorte word voorspel nie, maar ons hou natuurlik die ontwikkelende situasie fyn dop,” voeg Scheepers by.
- Besoek eenvoudig https://shop.medipost.co.za/, registreer ‘n profiel en maak gebruik van hierdie verbruikersvriendelike diens.
Uitgereik deur Martina Nicholson Associates namens Medipost



