HealthLocal newsNationalNewsSponsored

Wynand daag ander tieners uit om ook bloed te skenk

Wynand Bezuidenhout was kort na sy 16de verjaardag op sy pos in die Nasionale Bloeddiens se mobiele eenheid by Vaal Mall, waar hy vir die eerste keer bloed geskenk het.

Retha Fitchat

VANDERBILPARK. – Wynand Bezuidenhout, ‘n graad 10-leerling van Hoërskool Transvalia, kon skaars wag om op 29 Maart 16 jaar oud te word – nie sodat hy van nou af na rillerflieks mag kyk nie, maar vir ‘n baie meer edel doel: Om te mag bloed skenk.
Dié jong man, wat ‘n passie vir rugby het, het ‘n oupa en ‘n ouma weens kanker aan die dood afgestaan. Hy weet wat skenkers se bloed vir sy geliefde grootouers beteken het tydens hul behandeling en het daarom lankal besluit dat hy ook eendag bloed wil skenk sodra hy die amptelike toegelate ouderdom van 16 jaar bereik.

Sy ma, Marileen, is self ‘n gereelde bloedskenker wat al 70 eenhede geskenk het.

Wynand, wat duidelik geen vrees vir naalde het nie, was kort na sy 16de verjaardag op sy pos in die Nasionale Bloeddiens se mobiele eenheid by Vaal Mall, waar hy vir die eerste keer die “geskenk van lewe”, sy A+ bloed, geskenk het om iemand anders se lewe te red of te verleng.

Wynand  daag alle tieners van 16 jaar en ouer uit om dieselfde te doen.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button