NewsNewsSponsored

Plaaslike vars voedsel verskaffingsketting sterk en gesond

Die inperkingstyd weens die uitbreek van Covid-19 virus in Suid-Afrika bly ‘n onbekende en onseker uitdaging vir Suid-Afrika. Gelukkig is die vars voedsel verskaffingsketting in Suid-Afrika sterk en gesond.

“Die meerderheid van boere het ‘n goeie seisoen gehad en somer gewasse is gereed vir die mark,” sê Johan du Plooy, bestuurder van die Freshling Vaal Mark. “Verskaffing is op dreef en ons werk pro-aktief om te verseker dat dit so bly.”

Met ‘n merkbare toename in mark aankopers, werk die bestuur van die Freshling Vaal Mark ywerig om markte ongehinderd te laat voortgaan.  Toepaslike half-uurlikse ontsmetting van personeel, ontsmetting van kliënte, behoud van veilige sosiale afstand en toegangsbeheer is van die maatreëls wat ingestel is om die veiligheid van die vars produkte mark te verseker. Hoëvlak besprekings is reeds weke onderweg ten einde toe te sien dat behoorlike en effektiewe voorsorg en voorbereiding getref word. “Ons voel baie sterk oor ons verantwoordelikheid om te verseker dat plaaslike handelaars en verbruikers voortdurende toegang tot vars en bekostigbare produkte het” sê Theo Botha, besturende direkteur van Freshling.

Die publiek se beweging is weens die inperkingstyd beperk en hulle verkies daarom om plaaslik aan te koop. “Ons het hierdie mark onlangs geopen om die Vaal-en omliggende onderbediende gemeenskappe by te staan en van vars produkte te voorsien,” sê du Plooy. Met dié mark slegs vier maande in bedryf is dit ‘n welkome toevlugsoord vir kopers wat verkies om liefs nie groter winkelsentrums of verafgeleë markte te besoek nie.

Dit is onder die huidige omstandighede nou belangriker as ooit om ‘n gesonde en gebalanseerde maaltye te eet. Navorsing het oor baie jare bewys dat vars groente en vrugte die funksionering en welstand van die mens se immuunstelsel ondersteun. Dit voorsien die  liggaam van noodsaaklike vitamiene en minerale en dra daarom by tot die mens se algehele gesondheid en welstand. Die Freshling Vaal Mark wy hulself daaraan toe om die gemeenskap in hierdie gebied te ondersteun en verbind hulle daartoe om dit vir nog baie jare te doen.

Freshling Vaal Mark is geleë op die hoek van Muir Str & Edison Blvd in Vanderbijlpark en is oop van Maandae tot Vrydae (05:00 – 11:00) en Saterdae oggende van 05:00 tot 10:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button