Local newsNewsNews

79-jarige wreed op kleinhoewe aangerand

VANDERBIJLPARK. – Die 79-jarige Polla du Plessis is in die vroeë-oggendure van Dinsdag, 14 April op ‘n kleinhoewe op Ardenwold deur drie boosdoeners oorval en met ‘n staalvoorwerp aangerand. Grafiese foto’s van die aanranding is deur Burgerlike Beskerming op hulle Facebookblad gedeel. Volgens Maroela Media is du Plessis, wat in haar eie woning saam met …

VANDERBIJLPARK. – Die 79-jarige Polla du Plessis is in die vroeë-oggendure van Dinsdag, 14 April op ‘n kleinhoewe op Ardenwold deur drie boosdoeners oorval en met ‘n staalvoorwerp aangerand. Grafiese foto’s van die aanranding is deur Burgerlike Beskerming op hulle Facebookblad gedeel. Volgens Maroela Media is du Plessis, wat in haar eie woning saam met haar twee seuns en hulle gesinne op ‘n kleinhowe bly, deur drie misdadigers in haar slaapkamer oorval en aangerand. Volgens haar skoonseun Johann van  Emmenis,  is sy met ‘n staalvoorwerp aangerand, sy het op die grond gaan lê en gemaak asof sy dood is. Haar neus is in die voorval gebreek en sy het veelvuldige beserings aan haar gesig en arms opgedoen.

Nadat haar aanvallers die huis deursoek het, het hulle met ‘n selfoon gevlug. Du Plessis het daarna alarm by haar oudste seun se huis op die kleinhoewe gaan maak. “‘n Mens kan nie verstaan dat sulke goed moet gebeur met iemand van 79 jaar wat niemand skade sal aandoen nie,” het Van Emmenis aan Maroela Media gesê.  Volgens van Emmenis word die saak deur die polisie ondersoek maar niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

‘n Weerlose en bebloede Polla du Plessis sit terwyl ‘n familielid haar vertroos nadat sy die slagoffer van ‘n sinnelose aanval op ‘n kleinhoewe buite Vanderbijlpark was.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button