
Villiers Steyn, ook bekend as The Safari Expert op YouTube het op 13 April 2020 afgeskop met ‘n video waar hy mense uitdaag om verskillende voëls uit te ken deur die geluide wat hul maak.
Elke video bevat audio opnames van 15 Suid-Afrikaanse voëls. Volgens hom is die 15 verdeel in vyf maklik, vyf medium en vyf moeilik identifiseerbares. Die antwoorde word op die einde van elke video gegee. So dis nie net van luister en raai nie, ‘n mens leer ook! Villiers het op Facebook gesê hy gaan vir 10 dae elke dag so ‘n video plaas.
Lekker luister. Deel gerus jou telling en daag jou vriende en familie uit om ook te probeer.



