Local newsNewsNews
Plaaslike mediese personeel doen ekstra moeite
VANDERBIJLPARK. - Veiligheid kom altyd eerste! Die mediese personeel van Emfuleni-Mediclinic sorg dat daar aan al die veiligheidsmaatreëls tydens die Covid-19 pademie voldoen word.
By die X-strale afdeling word daar voluit voortgegaan met daaglikse werk, maar daar word ekstra hard gewerk om riglyne vir sosiale distansiëring en higiëne toe te pas. Sodoende verseker hulle die veiligheid van personeel en pasiënte.
Die MRI, CT, asook sonars and x-strale is in plek – selfs vir Covid-19 pasiënte as hulle soontoe verwys sou word.
- Vaalweekblad bedank al die plaaslike mediese personeel wat tydens die Covid-19 pandemie steeds voluit werk en na pasiënte se behoeftes omsien.

Streng riglyne word gevolg om sosiale distansiëring toe te pas terwyl daar gewag word. Foto: Dricky Gouws 
Bo en onder: Van die personeel wat daagliks voortgaan om na pasiënte om te sien. 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



