EntertainmentPhoto GalleriesSportSportSport

Slegte nuus vir skolesport

VANDERBIJLPARK. – Hoewel SA Rugby dit nie ontken of amptelik bevestig nie, het dit aan die lig gekom dat die onderskeie jeugweke nie vanjaar gaan plaasvind nie. Dit is egter nie ‘n verrassing nie aangesien die Cravenweek se hoofborg Coca-Cola reeds sy verbintenis van 34 jaar aan die einde van 2018 verbreek het. Die Covid-19 …

VANDERBIJLPARK. – Hoewel SA Rugby dit nie ontken of amptelik bevestig nie, het dit aan die lig gekom dat die onderskeie jeugweke nie vanjaar gaan plaasvind nie. Dit is egter nie ‘n verrassing nie aangesien die Cravenweek se hoofborg Coca-Cola reeds sy verbintenis van 34 jaar aan die einde van 2018 verbreek het.

Die Covid-19 pandemie was glo die finale doodsteek. Die onderskeie unies kan wel besluit om later vanjaar ‘n toernooi in een of ander gedaante aan te bied.  Wat skolerugby betref vier die Noordvaal Hoërskole Rugbyvereniging vanjaar sy 100ste bestaansjaar en daar word duimvas gehou dat skolerugby wel vanjaar gaan plaassvind om hierdie mylpaal te vier.

Skolehokkie is reeds vir die res van die jaar afgelas, maar daar sal eers ‘n besluit oor skolerugby en netbal geneem word sodra die Minster van Onderwys aangekondig het, wanneer skole gaan heropen.

Peppi Olevano, die Algemene Sekretaris van SA Skole Atletiek (SASA), het Woensdag 15 April  ‘n amptelike skrywe uitgestuur dat daar na besprekings met die onderskeie SASA-provinsies besluit is om die Nasionale Hoër- en Laerskole Baan- en Veldkampioenskappe vir 2020 te kanselleer. Daar word nog duim vasgehou dat die SASA  Landloopkampioenskap op 19 September in Noordwes sal plaasvind.

 

 

Related Articles

 
Back to top button