NewsBreaking News

Bekende oud-onnie en netbalafrigter gegroet

VEREENIGING. – “Sy was vir baie van ons soos ‘n ma.” Só het die musikant Franz Geldenhuys onlangs die oud-onderwyseres Gwen Fourie-Eiselen, op ’n spesiale gedenkgroep op Facebook onthou. Gwen, wat vir jare lank ’n onderwyseres in Engels aan Laerskool Drie Riviere was, het talle Vaaldriehoekers geleer hoe om behoorlik Engels te praat. Sy is …

VEREENIGING. – “Sy was vir baie van ons soos ‘n ma.”
Só het die musikant Franz Geldenhuys onlangs die oud-onderwyseres Gwen Fourie-Eiselen, op ’n spesiale gedenkgroep op Facebook onthou.
Gwen, wat vir jare lank ’n onderwyseres in Engels aan Laerskool Drie Riviere was, het talle Vaaldriehoekers geleer hoe om behoorlik Engels te praat.
Sy is Maandag, 30 Maart in die ouderdom van 81 jaar oorlede.
Dié onderwyseres sal deur talle ook onthou word as ’n passievolle netbalafrigter wat lief was vir haar sport.
Sy het oor die jare talle netbalspanne by Hoërskool Drie Riviere afgerig.
Volgens haar dogter, Ronelle du Plessis, is haar ma op 27 Julie 1938 gebore en het sy in Parys in die Vrystaat skoolgegaan.
Gwen het jare gelede haar onderwysloopbaan begin en by Laerskool Drie Riviere aangesluit, waar sy vir jare lank Engels gegee het.
Gwen was eers met mnr. Gert Fourie getroud en later, in die vroeë 2000’s, met haar tweede man, dr. Erhard Eiselen, ’n algemene praktisyn.
Die paartjie was vir jare lank lede van die Rotary Klub van Vereeniging, waar hulle veral betrokke was by Rotary se interact-jeugprogramme by skole.
Gwen is reeds die afgelope vier jaar ’n weduwee.
Sy word oorleef deur haar dogter Ronelle (48), dié se man, Jaco du Plessis (54), wat vir haar soos ‘n seun was, haar kleinseun, Elruco du Plessis (22) en kleindogter, Ilinde du Plessis (19).
Weens die landwye inperking is ’n spesiale huldeblyk, wat Donderdag, 9 April vir Gwen gehou is, op die spesiale Gwen Fourie Eiselen Huldeblyk-groep op Facebook uitgesaai.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button