NewsNews

The Phantom of the Opera – Gratis op YouTube!

Jy kan hierdie naweek Andrew Lloyd Webber se Phantom of the Opera gratis op YouTube kyk.

Hierdie spesifieke produksie van die musikale meesterstuk is verfilm in die Royal Albert Music Hall in 2011. Die hoofrolle word vertolk deur Ramin Karimloo en Sierra Boggess.

Webber het die kanaal, The Show Must Go On, onlangs geskep waar hy gratis videos en produksies laai terwyl die wêreld onder die koronavirus gebuk gaan. Elke Vrydag word ‘n nuwe produksie gelaai en dis net vir 48 uur beskikbaar. Die Phantom sal jou vasvang vanaf 20:00 vanaand. Kliek hier vir meer inligting https://www.youtube.com/watch?v=nINQjT7Zr9w #Geniet #BlyTuis #BlyVeilig

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button