18 April: SA het nou 2 783 Covid-19 gevalle
Die nuutste Covid-19 getalle wat gisteraand bekend gemaak is (en daarna nog nie weer verander het nie): Daar is nou 2 783 positiefgetoetste Covid-19 gevalle in SA (die vorige getal was 2 605) wat beteken daar is 178 nuwe gevalle. Daar het intussen nog twee pasiënte gesterf wat die sterftesyfer nou op 50 te staan bring. Albei was van die Wes-Kaap. Tot dusver het 903 lyers herstel. Daar is nog 1 830 aktiewe gevalle waarvan 7 kritiek is. (Al bogenoemde getalle mag deur die loop van die dag verander).

Volgens die laaste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar tans 8 positief-getoetste gevalle. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.
Covid-19 gevalle in provinsies:
Gauteng – 1 018 (6 sterftes)
Wes-Kaap – 717 (15 sterftes)
KwaZulu Natal – 591 (20 sterftes)
Oos-Kaap – 246 (4 sterftes)
Vrystaat – 100 (4 sterftes)
Limpopo – 26 (1 sterfte)
Noordwes – 24
Mpumalanga – 23
Noord-Kaap – 16
Nog nie aan ‘n provinsie toegeken – 22
Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is 2 251 770 (gister was dit 2 184 562) en het reeds 154 311 lewens geëis (gister was dit 146 896). Daar het 574 386 herstel (gister was die aantal 553 032). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope agt dae op die lys gevoeg nie).
- Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)
Die VSA het die meeste Covid-19 gevalle – 710 272 (vorige getal was 678 210), en ook die meeste sterftes van 37 175 (vorige syfer was 34 641). Daar het tot dusver 63 510 herstel. Daar is nog 609 587 aktiewe gevalle.
Spanje het nou 190 839 gevalle (vorige getal was 180 659), wat 20 002 sterftes insluit en 74 797 wat herstel het. Daar is tans nog 96 040 aktiewe gevalle.
In Italië is daar 172 434 gevalle (vorige getal 168 941), en die tweede hoogste sterftesyfer van 22 745. Daar het 42 727 herstel. Daar is nog 106 962 aktiewe gevalle.
Frankryk het 147 969 gevalle (vorige getal 147 863), wat 18 681 sterftes insluit en 34 420 wat herstel het. Daar is nog 94 868 aktiewe gevalle.
Duitsland het 141 397 gevalle (vorige getal 137 698), wat 4 352 sterftes insluit en 83 114 wat herstel het. Daar is nog 53 931 aktiewe gevalle.
Die Verenigde Koninkryk het 108 692 gevalle (vorige getal 103 093), wat 14 576 sterftes insluit en 344 (laaste geregistreerde getal nie bekend gemaak nie) wat herstel het. Daar is nog 93 772 aktiewe gevalle.
In China is daar tans 82 719 gevalle (vorige getal 82 692), wat 4 632 sterftes insluit en 77 029 wat herstel het. Daar is tans nog 1 058 aktiewe gevalle .
In Iran is daar 79 494 gevalle (vorige getal 77 995), wat 4 958 sterftes insluit en 54 064 wat herstel het. Daar is nog 20 472 aktiewe gevalle.
Turkye het 78 546 gevalle (vorige getal 74 193), wat 1 769 sterftes insluit en 8 631 het herstel het. Daar is nog 68 146 aktiewe gevalle.



