Local newsNewsSchools

Só pak ‘Spanners’ die Corona-bul by die horings

Skoolhoof Dirk Coetzee stuur video van hoop aan leerders

Retha Fitchat

Die inperking weens die Corona-virus bring groot uitdagings vir Vaaldriehoekse skoolgemeenskappe mee, maar danksy vinnige dinkwerk en flink planne bereik baie skole steeds hul leerlinge sodat hulle nie te vêr agterraak met hul skoolwerk nie.
Een van die skole in die Vaaldriehoek wat die beste van die moeilike omstandighede maak, is die Hoër Tegniese Skool Sasolburg (ook bekend as die “Spanners”).

Volgens die skoolhoof, mnr. Dirk Coetsee, is daar WhatsApp-groepe vir al die skool se klasse en vakke in al die grade. Facebook word ook goed aangewend om in kontak met die leerders te bly.

“Ons onderwysers werk hard en neem hul lesse op en stuur dit vir die kinders. Die kinders doen opdragte en ons hou hulle ook positief met ‘n grappie of twee,” sê mnr. Coetsee.

Selfs die skool se sportafrigters is op groepe bedrywig waar hulle deurgaans die sportspanne en atlete met fiksheidsprogramme bystaan en motiveringsboodskappe uitstuur.

Gaan kyk by hierdie skakel na mnr. Coetsee se Facebook-boodskap en die lied, “Flame of Spanners”, waar hy HTS Sasolburg se leerders motiveer om sterk te staan te midde van die Covid-19 inperking.

https://www.facebook.com/HTSSasolburg/videos/1080086715719202/UzpfSTEwMDAwMTE3MjIxODM3NzoyNzMxNDIyNDczNTczNDY2/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button