Local newsNewsNews
April 19 – Steeds 10 Covid-19 gevalle in Sedibeng
Die nuuste amptelike Covid-19 gevalle in Sedibeng en die res van Gauteng is weer bekend gemaak. Volgens die nuwe syfers is daar nog steeds 10 gevalle in Sedibeng. Die betrokke dorpe van die onderskeie 10 gevalle in Sedibeng is nie bekend gemaak nie.

Daar is in totaal 1 101 Covid-19 gevalle in Gauteng (vorig getal was 1 018). Johannesburg is steeds die kern van die meeste gevalle met 660. Daar het reeds 545 Covid-19 in Gauteng herstel, terwyl 6 lewens tot dusver in die provinsie geëis is.
Die ander streke in Gauteng sien so daaruit:
Ekurhuleni – 223
Tshwane – 117
Wes Rand – 38
Nie toegeken aan spesifieke streek – 53
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



