NewsNews

20 April: SA het nou 3 158 Covid-19 gevalle

Daar is voorspel dat die Covid-19 positief-getoetste gevalle in Suid-Afrika aansienlik sal vermeerder. Dit is te danke aan die feit dat daar baie meer toetste op 'n dag gedoen word. Die nuutste Covid-19 getalle is gisteraand bekend gemaak (en het daarna nog nie weer verander  nie). Daar is nou 3 158 positief-getoetste  Covid-19 gevalle in SA (die vorige aantal was 3 034) wat beteken daar is 124 nuwe gevalle. Daar het intussen nog twee pasiënte gesterf wat die sterftesyfer nou op 54 te staan bring. Een van die Wes-Kaap en een van KwaZulu-Natal. Tot dusver het 903 lyers herstel. Daar is nog 2 201 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Daar is tot op hede reeds 114 711 toetse in SA gedoen. (Al bogenoemde getalle mag deur die loop van die dag verander).

Volgens die laaste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar tans 10  positief-getoetste gevalle. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.

Covid-19 gevalle in provinsies:

Gauteng – 1 148 (6 sterftes)

Wes-Kaap – 868 (17 sterftes)

KwaZulu Natal – 617 (22 sterftes)

Oos-Kaap – 293 (4 sterftes)

Vrystaat – 100 (4 sterftes)

Limpopo – 27 (1 sterfte)

Noordwes – 24

Mpumalanga – 23

Noord-Kaap – 16

Nog nie aan ‘n provinsie toegeken – 42

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is 2 407 537 (gister was dit 2 332 627) en het reeds 165 082 lewens geëis (gister was dit 160 791). Daar het 625 304 herstel (gister was die aantal 600 129). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope 10 dae op die lys gevoeg nie).

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste Covid-19 gevalle – 764 265 (vorige getal was 738 923), en ook die meeste sterftes van 40 565 (vorige syfer was 39 015). Daar het tot dusver 71 012 herstel. Daar is nog  652 688 aktiewe gevalle.
  • Spanje het nou 198 647 gevalle (vorige getal was 194 415), wat 20 453 sterftes insluit en 77 357 wat herstel het. Daar is tans nog 100 864 aktiewe gevalle.
  • In Italië is daar  178 972 gevalle (vorige getal 175 925), en die tweede hoogste sterftesyfer van 23 660. Daar het 47 055  herstel. Daar is nog 108 257 aktiewe gevalle.
  • Frankryk het 152 894 gevalle (vorige getal 151 793), wat 19 718 sterftes insluit en 36 578 wat herstel het. Daar is nog 96 598 aktiewe gevalle.
  • Duitsland het 145 742 gevalle (vorige getal 143 724), wat 4 642 sterftes insluit en 88 000 wat herstel het. Daar is nog 53 100 aktiewe gevalle.
  • Die Verenigde Koninkryk het 120 067 gevalle (vorige getal 114 217), wat 16 060  sterftes insluit en 344 (nuutste getalle nie aangekondig nie) wat herstel het. Daar is nog 103 663 aktiewe gevalle.
  • Turkye het eergister verby Iran geskuif, en gister verby China geskuif op die leer met 86 306 gevalle (vorige getal 82 329), wat 2 017 sterftes insluit en 11 976 het herstel het. Daar is nog 72 313 aktiewe gevalle.
  • In China is daar tans 82 747 gevalle (vorige getal 82 735),  wat 4 632 sterftes insluit en 77 084 wat herstel het. Daar is tans nog 1 031 aktiewe gevalle.
  • In Iran is daar 82 211 gevalle (vorige getal 80 868), wat 5 118 sterftes insluit en 57 023 wat herstel het. Daar is nog 20 070 aktiewe gevalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button