Local newsNewsNews
20 April – Tans 11 amptelike Covid-19 gevalle in Sedibeng
Die nuuste amptelike Covid-19 gevalle in Sedibeng en die res van Gauteng is bekend gemaak. Volgens die nuwe syfers is daar nou 11 gevalle in Sedibeng (een meer as gister). Die betrokke dorpe van die onderskeie 11 gevalle in Sedibeng is nie bekend gemaak nie. Sedibeng sluit 'n baie groot gebied in, en omdat sommige mense kan siek wees sonder dat hulle dit weet, is die beste raad om die inperking te gehoorsaam en slegs vir noodsaaklike situasies die veiligheid van die huis te verlaat.

Daar is in totaal 1 148 Covid-19 gevalle in Gauteng (vorige getal was 1 101), waarvan 552 herstel het en 6 gesterf het. Johannesburg is steeds die kern met die meeste gevalle van 690.
Die ander streke in Gauteng sien so daaruit:
Ekurhuleni – 233
Tshwane – 122
Wes Rand – 39
Nie toegeken aan spesifieke streek – 53
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



