Dié mense in De Deur kry baie swaar… Wie kan help?
Rina G Coetzee van die Vaaldriehoek laat weet dat daar mense in De Deur is wat dringend voedsel- en mediese hulp benodig. Is daar dalk iemand wat kan help? Dalk weet Polisielede op Vaalweekblad se Facebookgroep van die regte kanale om toestemming te reël sodat weldoeners by die padblokkade mag deurgaan?

Rina G Coetzee van die Vaaldriehoek laat weet dat daar mense in De Deur is wat dringend voedsel- en mediese hulp benodig. Is daar dalk iemand wat kan help? Dalk kan Polisielede op Vaalweekblad se Facebookgroep toestemming reël sodat weldoeners by die padblokkade mag deurgaan?
Rina Coetzee skryf:
Ek het bewus geraak van groot nood by Rowellstraat 281, naby die hoek van Middlestraat in De Deur. (Naby Auction De Deur). Daar is inwoners wat nie vervoer of geld het om kos en noodsaaklikhede te bekom nie. Die Polisie het weldoeners by ‘n padblokkade afgekeer om daarheen te gaan. Daar is seker so 30 mense wat kos en klere sal waardeer.
Daar is ook ‘n inwoner wie se been baie seer is. Kan iemand asb behulpsaam wees? Haar voet vorm deel van die massaswelling. Dit is dringend – sy sukkel met sirkulasie en verduur pyn. Hulle het nie vervoer nie en hulle mag nie in die strate loop nie – hulle word teruggejaag.
Kontak my, Rina, by 0761759870 – ek sal meer inligting gee.



