Wat is ‘n vesellyn en hoe kry jy dit?
Teen hierdie tyd het almal reeds van die opwinding rondom veselkonnektiwiteit in jou buurt gehoor. Dit is ongetwyfeld dat jou bure en familie hul opwinding met jou deel. Jou tieners kan nie wag om 'n vinnige internetsnelheid en megabandwydte te kry om vermaak en speletjies te stroom nie. In kort: jou internetverbinding is op die punt om 'n groot hoeveelheid steroïede te kry.

Maar eerstens moet jy die vesel laat installeer. Metrofibre Networx, ‘n veselnetwerkoperateur en internetdiensverskaffer (ISP), verskaf ‘n stap-vir-stap-gids van die hele proses.
- Jy benodig eerstens veselinfrastruktuur in jou buurt: Die eerste stap is om vas te stel of jou buurt veselinfrastruktuur beskikbaar het. Indien daar mense was wat die afgelope paar weke of maande jou sypaadjies opgegrawe het, is die kans goed dat jou buurt vesel-gereed is. ‘n Eenvoudige Google-soek sal jou ook in die regte rigting wys – ‘n soektog na ‘veseldekking’ in jou buurt, sal ‘n aantal verskaffers wat in jou omgewing werk, wys. In sommige gevalle sal jou infrastruktuurverskaffer en jou internetdiensverskaffer (ISP) moontlik dieselfde onderneming wees, maar dit hoef nie noodwendig so te wees nie.
- Kies jou internetdiensverskaffer (IDV): Die internetdiensverskaffer (IDV), voorsien jou internetkonnektiwiteit en jy betaal maandeliks vir die diens. Die IDV sal ‘n Wi-Fi-roeteerder in jou huis installeer en jou aan die internet konnekteer. Die meeste internetdiensverskaffers het ‘n lys met internetpakkette om van te kies. Dit word bepaal deur die aflaaispoed van die verbinding wat jy kies, en dit wissel van 5 Megabyte per sekonde (Mbps) tot 200 Mbps. Die prys word bepaal deur die spoed van die lyn. Mbps is ‘n maatstaf van die spoed waarteen data oorgedra word.
Die meerderheid huise het nie die hoë bandbreedtesnelhede van 100 Mbps of 200 Mbps lyne nodig nie. In Suid-Afrikaanse terme, word ‘n lyn van 10 Mbps as vinnig beskou en sal voldoende wees vir ‘n gemiddelde huishouding. Dit is ook die minimum, indien jy van plan is om flieks of musiek van betaalkanale soos Netflix of Showmax te stroom. As jy van plan is om ‘n meer intensiewe gebruiker te wees (om byvoorbeeld televisie of speletjies te stroom) en baie mense tuis het wat met veelvuldige toestelle koppel is dit die moeite werd om die opsie van minstens 20 Mbps of meer te oorweeg.
Jy kan ook kies tussen ‘n geslote of ‘n onbeperkte veselverbinding. Die meerderheid ISP’s bied egter onbeperkte veselverbindings, wat ‘n beter opsie is indien jy van plan is om flieks te kyk of om musiek af te laai.
Wees versigtig om nie jou volledige ISP-besluit op die eerste beskikbare datum of prys te verbind nie. Die meeste huis-infrastruktuurverskaffers het verskillende internetdiensverskaffers wat vanaf hul lyn werk en kan jou baie keuses en pryspakkette aanbied vir jou vesellynverbinding.
- Verbinding van vesel aan jou huis: Sodra jy besluit het op ‘n internetdiensverskaffer en pakket, sal jou internetdiensverskaffer ‘n roeteerder te installeer en jou vesellyn aan jou huis te koppel.
Die meeste ISP’s sal jou voorsien van ‘n roeteerder wat by jou pakket ingesluit is – in die meeste gevalle bly die roeteerder die eiendom van die ISP. Uiteindelik sal die roeteerder jou internetverbinding via ‘n tegnologie, genaamd Wi-Fi, uitsaai na toestelle in jou huis. Jy kan ook ‘n toestel soos jou televisie of skootrekenaar direk aan jou roeteerder koppel met ‘n Ethernet-kabel.
Jou ISP sal jou roeteerder en tuisnetwerk opstel, en ook, baie belangrik, jou wagwoord vir jou roeteerder opstel. Dit stel jou in staat om te bepaal wie aan jou vesellyn konnekteer, en is ‘n noodsaaklike veiligheidsmaatreël. Van hier is dit so eenvoudig om dan na die Wi-Fi-netwerk op jou toestel te soek – soek die naam wat jou ISP vir jou tuisnetwerk geskep het, kies dit uit die lys, voer die sekuriteitswagwoord in, en voila, jy is gekoppel!



