NewsNews
21 April: Sedibeng het steeds 11 amptelike Covid-19 gevalle
Die nuuste amptelike Covid-19 gevalle in Sedibeng en die res van Gauteng is bekend gemaak. Volgens die nuwe syfers is daar nog steeds net 11 amptelike gevalle in Sedibeng. Die betrokke dorpe van die onderskeie 11 gevalle in Sedibeng is nie bekend gemaak nie. Sedibeng sluit ‘n baie groot gebied in, en omdat sommige mense kan siek wees sonder dat hulle dit weet, is die beste raad om die inperking te gehoorsaam en slegs vir noodsaaklike situasies die veiligheid van die huis te verlaat.

Daar is in totaal 1 170 Covid-19 gevalle in Gauteng (vorige getal was 1 148), waarvan 574 herstel het en 7 gesterf het. Johannesburg is steeds die kern met die meeste gevalle van 698.
Die ander streke in Gauteng sien so daaruit:
Ekurhuleni – 246
Tshwane – 122
Wes Rand – 39
Nie toegeken aan spesifieke streek – 54
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



