NewsNews

SA en Italië is haar hartslande

Benedetta Mura, alombekend as Beba, was sedert Augustus 2019 ‘n uitruilstudent in Vanderbijlpark. Sy het te midde van die Koronavirus pandemie op 7 April 2020 na Sardinië, Italië teruggekeer.

Wat voor die pandemie slegs ‘n gewone vliegtuigrit sou wees om by die huis te kom, was die keer genoeg om enige een se senuwees te toets. Eers was daar ‘n busrit vanaf Pretoria tot by die lughawe, soos gereël deur die Italiaanse Ambassade en toe die eerste vlug na Munich in Duitsland. Vyftien ure later kon sy ‘n vlug na Rome neem, waar sy nog etlike ure moes wag alvorens sy uiteindelik ‘n vlug na Sardinië kon neem.

Sy kon nie dadelik met haar familie herenig word nie en moes eers vir twee weke op haar eie in ‘n woonstel oorkant haar ma en boetie gaan bly. Tog laat die jong meisie haar nie deur enige iets onderkry nie. Haar laaste gastema in Suid-Afrika, Nicoleen Harmse, het Beba as superwoman beskryf: “Beba is die mees intelligentste, borrelendste kind wat in hierdie Covid-19 tyd die lewe soos ‘n volwassene moes aanpak. Die dag voor lockdown het sy nog gehelp om kospakkies op te maak vir families in nood.”

Die plan is dat die Harmses se dogter, Alicia, in November 2020 Italië toe sal gaan (afhangend wat gebeur met die Koronavirus pandemie). Intussen het Alicia sommer baie by Beba geleer van die Italianers se tradisies en eetgewoontes tot basiese Italiaans.

 Beba Mura beskou Suid-Afrika nou as haar tweede tuiste

In die agt maande wat Beba in Vanderbijlpark was het sy die kans gehad om by vier verskillende families tuis te gaan en was sy ‘n leerling by Hoërskool Driehoek. In ‘n e-pos aan Vaalweekblad het Beba gesê pap en sous met boerewors was een van haar gunsteling geregte, en besoeke aan Kaapstad en Durban tel onder haar hoogtepunte. Sy het ook kans gehad om ‘n draai in die Vrystaat en Limpopo te maak en kon ‘n tradisionele troue in Botswana bywoon.
Oral waar sy gegaan het, het sy nuwe vriendskappe gevorm wat sy seker is lewenslank gaan hou. Tydens haar tydperk as uitruilstudent was sy by verskeie Rotary gemeenskapsprojekte betrokke en sy sê sy het elke dag van gemeenskapswerk geniet. “At the end of the day, nothing warmed my heart more than to see people smiling.”

In die algemeen beskryf sy haar verbly in Suid-Afrika as goed, nie altyd maklik nie, maar beslis spesiaal. Sy sê om ‘n uitruilstudent te wees het baie uitdagings, maar dit laat jou ook groei. Vir voornemende uitruilstudente het sy die volgende boodskap gehad: “I think that it’s very important for an exchange student to go to their host county with an open mind and that is exactly what I did. Personally, I can tell you that Rotary Youth Exchange offers you an adventure that not many people have the chance to do. You are surrounded by a completely new reality that spurs you to find your strengths and challenge your weaknesses. It not only offers you an international view, but also encourages you to appreciate where you come from. At the end of this life-changing experience you have two countries to call home.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button