NewsNews

22 April: Dodetal dieselfde, maar SA Covid-19 getalle groei

SA se Covid-19 gevalle staan sedert gisteraand (en het nog nie weer verander nie) op 3 465, die vorige aantal was 3 300. Daar word nou daagliks meer Covid-19 toetse regoor Suid-Afrika gedoen wat daartoe lei dat die Covid-19 gevalle ook aansienlik meer word. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het tot dusver 58 lyers gesterf en  1 055 het herstel. Daar is nog 2 356 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Daar is reeds 121 510 toetse regoor die land gedoen.  (Al bogenoemde getalle mag deur die loop van die dag verander).

Volgens die laaste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar tans 11  positief-getoetste gevalle. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.

Covid-19 gevalle in provinsies:

Gauteng – 1 199 (7 sterftes)

Wes-Kaap – 1 010 (17 sterftes)

KwaZulu Natal – 671 (23 sterftes)

Oos-Kaap – 345 (5 sterftes)

Vrystaat – 106 (5 sterftes)

Limpopo – 27 (1 sterfte)

Noordwes – 24

Mpumalanga – 24

Noord-Kaap – 16

Nog nie aan ‘n provinsie toegeken – 43

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is 2 558 378 (gister was dit 2 482 550) en het reeds 177 691 lewens geëis (gister was dit 170 479). Daar het 695 809 herstel (gister was die aantal 652 479). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope 12 dae op die lys gevoeg nie).

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste Covid-19 gevalle – 819 175 (vorige getal was 792 938), en ook die meeste sterftes van 45 343 (vorige syfer was 42 518). Daar het tot dusver 82 973 herstel. Daar is nog  690 859 aktiewe gevalle.
  • Spanje het nou 204 178 gevalle (vorige getal was 200 210), wat 21 282 sterftes insluit en 82 514 wat herstel het. Daar is tans nog 100 382 aktiewe gevalle.
  • In Italië is daar  183 957 gevalle (vorige getal 181 228), en die tweede hoogste sterftesyfer van 24 648. Daar het 51 600  herstel. Daar is nog 107 709 aktiewe gevalle.
  • Frankryk het 158 050 gevalle (vorige getal 155 383), wat 20 796 sterftes insluit en 39 181 wat herstel het. Daar is nog 98 073 aktiewe gevalle.
  • Duitsland het 148 453 gevalle (vorige getal 147 065), wat 5 086 sterftes insluit en 99 400 wat herstel het. Daar is nog 43 967 aktiewe gevalle.
  • Die Verenigde Koninkryk het 129 044 gevalle (vorige getal 124 743), wat 17 337  sterftes insluit en die wat herstel het (nie bekend gemaak). Daar is nog 111 363 aktiewe gevalle.
  • Turkye het 95 591 gevalle (vorige getal 90 980), wat 2 259 sterftes insluit en 14 918 wat herstel het. Daar is nog 78 414 aktiewe gevalle.
  • Iran het 84 802 gevalle (vorige getal 83 505), wat 5 297 sterftes insluit en 60 965 wat herstel het. Daar is nog 18 540 aktiewe gevalle.
  • In China is daar tans 82 788 gevalle (vorige getal 82 758),  wat 4 632 sterftes insluit en 77 151 wat herstel het. Daar is tans nog 1 005 aktiewe gevalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button