Photo GalleriesSportSportSport

Kolfkoning moker 1 482 lopies in 20 beurte

Ettienne van Rensburg VANDERBIJLPARK.  – Dit is die stuk vleis agter die wilgerlat wat tel, nie die maak van die kolf nie. Daarvan is die 18-jarige Phillip van Eck, ontluikende krieketspeler van die Hoërskool Transvalia van oortuig. “Ek dink dit gaan oor die ou agter die kolf. So ek begeer geen ander kolf as die …

Ettienne van Rensburg

VANDERBIJLPARK.  – Dit is die stuk vleis agter die wilgerlat wat tel, nie die maak van die

kolf nie.

Daarvan is die 18-jarige Phillip van Eck, ontluikende krieketspeler van die Hoërskool Transvalia van oortuig.

“Ek dink dit gaan oor die ou agter die kolf. So ek begeer geen ander kolf as die een wat ek nou het nie. Ek is baie dankbaar en kan vir niks beter gevra het nie,” sê hy beskeie.

Dié jong spruit van Johan (44) en Carina (43) het ‘n reuse-krieketseisoen agter die rug. Van Julie 2019 tot Januarie 2020 het hy 1 482 lopies in 20 wedstryde teen ‘n gemiddeld van 105.28 lopies per beurt aangeteken.

Hy was ses keer nie uit nie en het in dié 20 kragmetings sewe hondertalle en ses vyftigtalle gemoker.

Die regterhandse lopievraat kan enige plek in die toporde kolf maar hy verkies om op nommer 3 sy Gray Nicholls-kolf die praatwerk te laat doen.

Hy het die afgelope seisoen vir Transvalia se eerste krieketspan gespeel en op klubvlak het hy vir NWU Vaal en Meyerton Krieketklub uitgebklink. Hy het ook die Gauteng Rural 0.17-span gehaal.

“Op skoolvlak wil is daar baie meer druk op jou om lopies aan te teken. Met klubkrieket het ek meer vryheid het om my spel te bevorder. Ek elke aflewering op meriete. In die begin as my oog nog nie lekker in is nie, probeer ek net kolf op die bal te kry. Hoe beter ek die bal tref, hoe meer begin ek op gapings te fokus en gewaagde houe te speel,” sê hy.

Maar waar het sy liefde vir die spel begin?

“My liefde het begin seker waar almal s’n begin het… Agter in ons erf waar jy met ‘n asblik vir paaltjies, ‘n tennisbal en ‘n kolf saam jou broer krieket speel,” vertel hy.

Sy groot droom is om eendag vir Suid-Afrika ‘n honderdtal op Lords, die heiligdom van Engelse krieket aan te teken. Hy is ‘n selferkende krieketverslaafde en leerling van die spel en spandeer ure om sy krieketkennis te verbreed. Die persoon wat die grootste invloed op sy krieketloopbaan gehad het, is sy ontslape oupa.

“Ek en my oupa het altyd vyfdag toetskrieket saam op televisie gekyk. Hy was by al my laerskoolwedstryde en by ‘n gedeelte van my hoërskoolloopbaan. Na elke wedstryd het hy met my geraas oor my tipe hou waarmee ek uitgegaan het. “Boskrieket” het hy dit genoem. Alhoewel dit daardie tyd gevoel het asof hy geraas het, kom ek nou agter hoeveel hy my oor krieket geleer het. My motivering is om vir my oupa te wys dat ek al sy krieketwysheid gebruik om te presteer in die sport waaroor ons altwee so passievol is.”

Maar dit verg harde werk. Voor die inperking het hy vyf dae ‘n week drie ure per dag aan sy “ambag” geslyp, maar nou moet tuisoefeninge deug.

Volgens sy afrigter JP Kok gee sy uithouvermoë en onblusbare veggees hom ‘n voorsprong.

“Hy beskik definitief oor al die vaardigehde om op die hoogste vlak in krieket te presteer.

Vandat ek hom die eerste keer gesien het, het ek geweet hy het talent. Min mense weet wat agter die skerms aangaan. Hy het met  fiksheidsoefeninge 15kg plus afgeskud.  Hy is ‘n voorbeeld vir jong krieket spelers. As ‘n kenner oor wat semi-profesionele krieket behels, dink ek Phillip op die regte pad. Sy kopsterkte, tegniek en fiksheid is op peil,” sê Kok.

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button