Local newsNewsNews

Knap gedaan ‘lockdown-fotograwe’

Die inperking verhoed jou dalk om vrylik rond te beweeg, maar dit verhoed jou nie om kreatief te wees nie. Vandag se versameling deur die knap fotograwe spits toe op items in die huis en veral die kombuis.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die saak te maak en hul kreatiewe talente in te span en oulike foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Albertus Kriel van Vereeniging het die horlosie se prag in monochroom uitgebeeld.
Eileen Pretorius van Vanderbijlpark het hierdie mooi stillewe opgestel en afgeneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het gewys dat uie ook in ‘n pragfoto opgedis kan word.
Nicolaas Louw van Vanderbijlpark het met wynglase en skaduwees hierdie foto vermag. Die wynglas wys ook mooi in die oorspronklike foto, maar ongelukkig word van die foto’s deur die program afgesny (Vaalweekblad vra verskoning daarvoor Nicolaas).
Hanti Pretorius van Vereeniging het hierdie kleurvolle foto in die kombuis afgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button