Local newsNewsNews

Vuil Vanderbijl lyk nou baie skoner!

VANDERBIJLPARK. – Vaalweekblad het in die eerste week nadat die nasionale inperking ingetree het, foto's gepubliseer van hoe vuil en gehawend dit in die middedorp gelyk het. Daar kan nou met trots berig word dat die dorp nou aansienlik skoner is as toe!

Vaalweekblad het dieselfde plekke besoek en afgeneem as die eerste keer toe daar oor die toestand van die dorp berig is… en dit was werklik op elk van die plekke aansienlik skoner. Terwyl daar van die foto’s geneem is, sou dit toe ongelukkig ook gebeur dat ‘n verbyganger weer op die sypaadjie, waar daar geen asblik is nie, rommel neergegooi en verder geloop het.

Behalwe vir dié voorval verdien die skoonmakers en die stadsraad ‘n pluimpie. Kom ons hoop dat wanneer alles eendag terugkeer na normaal, die strate so mooi skoon gehou sal word.

Bo: Hoe die dorp ‘n paar weke terug gelyk het.
Onder: Die vullis is opgeruim, maar daar word reeds weer daar begin stort.

 

Ook hierdie hoek en asblik naby Checkers Hyper is silwerskoon. Foto’s: Elsje Vermeulen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button