NewsNews

25 April: SA se Covid-19 gevalle verby 4 000 kerf

SA se Covid-19 gevalle staan sedert gisteraand (en het nog nie weer verander nie) op 4 220, die vorige aantal was 3 953. Dit beteken die totaal het met 267 toegeneem. Daar word nou daagliks meer Covid-19 toetse regoor Suid-Afrika gedoen wat daartoe lei dat die Covid-19 gevalle ook aansienlik meer word. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het tot dusver 79 lyers gesterf en  1 473 het herstel. Daar is nog 2 405 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Daar is reeds 152 390 toetse regoor die land gedoen.  (Al bogenoemde getalle mag deur die loop van die dag verander).

Volgens die laaste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar tans 13  positief-getoetste gevalle. Nege daarvan is in Emfuleni en die ander twee van Lesedi. Dit is nog nie bekend vanwaar in die streek die nuwe twee gevalle is nie. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.

Covid-19 gevalle in provinsies:

Wes-Kaap – 1 413 (30 sterftes) en (236 wat herstel het)

Gauteng – 1 281 (8 sterftes) en (843 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 841 (29 sterftes) en (241 wat herstel het)

Oos-Kaap – 480 (6 sterftes) en (19 wat herstel het)

Vrystaat – 111 (5 sterftes) en (76 wat herstel het)

Limpopo – 29 (1 sterfte) en (24 wat herstel het)

Noordwes – 25 (13 het herstel)

Mpumalanga – 23 (15 het herstel)

Noord-Kaap – 16 (6 het herstel)

Nog nie aan ‘n provinsie toegeken – 0

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is 2 833 011 (gister was dit 2 726 189) en het reeds 197 353 lewens geëis (gister was dit 191 074). Daar het 807 250 herstel (gister was die aantal 749 661). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope 15 dae op die lys gevoeg nie).

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste Covid-19 gevalle – 925 758 (vorige getal was 886 709), en ook die meeste sterftes van 52 217 (vorige syfer was 50 243). Daar het tot dusver 110 432 herstel. Daar is nog  763  109 aktiewe gevalle.
  • Spanje het nou 219 764 gevalle (vorige getal was 213 024), wat 22 524 sterftes insluit en 92 355 wat herstel het. Daar is tans nog 104 885 aktiewe gevalle.
  • In Italië is daar  192 994 gevalle (vorige getal 189 973), en die tweede hoogste sterftesyfer van 25 969. Daar het 60 498  herstel. Daar is nog 106 527 aktiewe gevalle.
  • Frankryk het 159 828 gevalle (vorige getal 158 183), wat 22 245 sterftes insluit en 43 493 wat herstel het. Daar is nog 94 090 aktiewe gevalle.
  • Duitsland het 154 999 gevalle (vorige getal 153 129), wat 5 760 sterftes insluit en 109 800 wat herstel het. Daar is nog 39 439 aktiewe gevalle.
  • Die Verenigde Koninkryk het 140 464 gevalle (vorige getal 138 078), wat 19 506  sterftes insluit en die wat herstel het (nie bekend gemaak). Daar is nog 123 614 aktiewe gevalle.
  • Turkye het 104 912 gevalle (vorige getal 101 790), wat 2 600 sterftes insluit en 121 737 wat herstel het. Daar is nog 80 575 aktiewe gevalle.
  • Iran het 88 194 gevalle (vorige getal 87 026), wat 5 674 sterftes insluit en 66 599 wat herstel het. Daar is nog 16 021 aktiewe gevalle.
  • In China is daar tans 82 816 gevalle (vorige getal 82 804),  wat 4 632 sterftes insluit en 77 346 wat herstel het. Daar is tans nog 838 aktiewe gevalle.
  • In Rusland is daar nou 68 622 gevalle (vorige getal 62 773), wat 615 sterftes insluit en 5 568 wat herstel het. Daar is nog 62 439 aktiewe gevalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button