NewsNews

26 April: SA se Covid-19 gevalle nou 4 361

SA se nuwe Covid-19 gevalle is gisteraand aangekondig en staan nou op 4 361 (dit het nog nie intussen weer verander nie). Die vorige aantal was 4 220, wat beteken daar is 141 nuwe gevalle. Daar daagliks meer Covid-19 toetse regoor Suid-Afrika gedoen wat daartoe lei dat die Covid-19 gevalle ook aansienlik meer word. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het ook nog sewe pasiënte gesterf wat die dodetal tot 86 neem. Daar het reeds  en  1 473 het herstel. Daar is nog 2 802 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Daar is reeds 161 004 toetse regoor die land gedoen.  (Al bogenoemde getalle mag deur die loop van die dag verander).

Volgens die laaste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar tans 15  positief-getoetste gevalle. In Emfuleni is daar 11 en in Lesedi (Heidelberg-omgewing) is daar 2. Dit is nog nie bekend vanwaar in die streek die nuwe twee gevalle is nie. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.

Covid-19 gevalle in provinsies:

Wes-Kaap – 1 514 (32 sterftes) en (236 wat herstel het)

Gauteng – 1 304 (8 sterftes) en (843 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 847 (29 sterftes) en (241 wat herstel het)

Oos-Kaap – 488 (10 sterftes) en (19 wat herstel het)

Vrystaat – 111 (5 sterftes) en (76 wat herstel het)

Limpopo – 30 (2 sterfte) en (24 wat herstel het)

Noordwes – 28 (13 het herstel)

Mpumalanga – 23 (15 het herstel)

Noord-Kaap – 16 (6 het herstel)

Nog nie aan ‘n provinsie toegeken – 0

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is amper 3 miljone met 2 921 556 (gister was dit 2 833 011) en het reeds 203 299 lewens geëis (gister was dit 197 353). Daar het 837 038 herstel (gister was die aantal 807 250). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope 16 dae op die lys gevoeg nie).

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste Covid-19 gevalle – 960 896 (vorige getal was 925 758), en ook die meeste sterftes van 54 265 (vorige syfer was 52 217). Daar het tot dusver 118 162 herstel, en daar is nog  788 469 aktiewe gevalle.
  • Spanje het nou 223 759 gevalle (vorige getal was 219 764), wat 22 902 sterftes insluit en 95 708 wat herstel het. Daar is tans nog 105 149 aktiewe gevalle.
  • In Italië is daar  195 351 gevalle (vorige getal 192 994), en die tweede hoogste sterftesyfer van 26 384. Daar het 63 120  herstel. Daar is nog 105 847 aktiewe gevalle.
  • Frankryk het 161 488 gevalle (vorige getal 159 828), wat 22 614 sterftes insluit en 44 594 wat herstel het. Daar is nog 94 280 aktiewe gevalle.
  • Duitsland het 156 513 gevalle (vorige getal 154 999), wat 5 877 sterftes insluit en 109 800 wat herstel het. Daar is nog 40 836 aktiewe gevalle.
  • Die Verenigde Koninkryk het 148 377 gevalle (vorige getal 140 464), wat 20 319  sterftes insluit en die wat herstel het (nie bekend gemaak). Daar is nog 127 714 aktiewe gevalle.
  • Turkye het 107 773 gevalle (vorige getal 104 912), wat 2 706 sterftes insluit en 25 582 wat herstel het. Daar is nog 79 485 aktiewe gevalle.
  • Iran het 89 328 gevalle (vorige getal 88 194), wat 5 650 sterftes insluit en 68 193 wat herstel het. Daar is nog 15 485 aktiewe gevalle.
  • In China is daar tans 82 827 gevalle (vorige getal 82 816),  wat 4 632 sterftes insluit en 77 394 wat herstel het. Daar is tans nog 801 aktiewe gevalle.
  • In Rusland is daar nou 74 588 gevalle (vorige getal 68 622), wat 681 sterftes insluit en 6 250 wat herstel het. Daar is nog 67 657 aktiewe gevalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button