27 April: 4 546 SA Covid-19 pasiënte
SA se nuwe Covid-19 gevalle is gisteraand aangekondig en staan nou op 4 546 (dit het nog nie intussen weer verander nie). Die vorige aantal was 4 361, wat beteken daar is 185 nuwe gevalle. Daar daagliks meer Covid-19 toetse regoor Suid-Afrika gedoen wat daartoe lei dat die Covid-19 gevalle ook aansienlik meer word. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het tot dusver 87 pasiënte gesterf. Daar het reeds en 1 473 het herstel. Daar is nog 2 986 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Daar is reeds 168 643 toetse regoor die land gedoen. (Al bogenoemde getalle mag deur die loop van die dag verander).

Volgens die laaste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar tans 15 positief-getoetste gevalle. In Emfuleni is daar 11 en in Lesedi (Heidelberg-omgewing) is daar 2. Dit is nog nie bekend vanwaar in die streek die nuwe twee gevalle is nie. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.
Covid-19 gevalle in provinsies:
Wes-Kaap – 1 608 (33 sterftes) en (236 wat herstel het)
Gauteng – 1 331 (8 sterftes) en (843 wat herstel het)
KwaZulu Natal – 863 (29 sterftes) en (241 wat herstel het)
Oos-Kaap – 535 (10 sterftes) en (19 wat herstel het)
Vrystaat – 110 (5 sterftes) en (76 wat herstel het)
Limpopo – 31 (2 sterfte) en (24 wat herstel het)
Noordwes – 28 (13 het herstel)
Mpumalanga – 23 (15 het herstel)
Noord-Kaap – 17 (6 het herstel)
Nog nie aan ‘n provinsie toegeken – 0
Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is amper 3 miljone met 2 996 556 (gister was dit 2 921 556) en het reeds 207 022 lewens geëis (gister was dit 203 299). Daar het 881 845 herstel (gister was die aantal 837 038). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope 17 dae op die lys gevoeg nie).
Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)
- Die VSA het die meeste Covid-19 gevalle – 987 322 (vorige getal was 960 896), en ook die meeste sterftes van 55 415 (vorige syfer was 54 265). Daar het tot dusver 118 781 herstel, en daar is nog 813 126 aktiewe gevalle.
- Spanje het nou 226 629 gevalle (vorige getal was 223 759), wat 23 190 sterftes insluit en 117 727 wat herstel het. Daar is tans nog 85 712 aktiewe gevalle.
- In Italië is daar 197 675 gevalle (vorige getal 1195 351), en die tweede hoogste sterftesyfer van 26 928. Daar het 64 928 herstel. Daar is nog 106 103 aktiewe gevalle.
- Frankryk het 162 100 gevalle (vorige getal 161 488), wat 22 856 sterftes insluit en 44 903 wat herstel het. Daar is nog 94 341 aktiewe gevalle.
- Duitsland het 157 770 gevalle (vorige getal 156 513), wat 5 976 sterftes insluit en 114 500 wat herstel het. Daar is nog 37 294 aktiewe gevalle.
- Die Verenigde Koninkryk het 152 840 gevalle (vorige getal 148 377), wat 20 732 sterftes insluit en die wat herstel het (nie bekend gemaak). Daar is nog 131 764 aktiewe gevalle.
- Turkye het 110 130 gevalle (vorige getal 107 773), wat 2 805 sterftes insluit en 29 140 wat herstel het. Daar is nog 78 185 aktiewe gevalle.
- Iran het 90 481 gevalle (vorige getal 89 328), wat 5 710 sterftes insluit en 69 657 wat herstel het. Daar is nog 15 114 aktiewe gevalle.
- In China is daar tans 82 830 gevalle (vorige getal 82 827), wat 4 633 sterftes insluit en 77 474 wat herstel het. Daar is tans nog 723 aktiewe gevalle.
- In Rusland is daar nou 80 949 gevalle (vorige getal 74 588), wat 747 sterftes insluit en 6 767 wat herstel het. Daar is nog 73 435 aktiewe gevalle.



