NewsNews

28 April – Meer as 3 miljoen Covid-19 lyers wêreldwyd

SA se nuwe Covid-19 gevalle is gisteraand aangekondig en staan nou op 4 793 (dit het nog nie intussen weer verander nie). Die vorige aantal was 4 546, wat beteken daar is 247 nuwe gevalle. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het tot dusver 90 pasiënte gesterf. Daar het reeds  en  1 473 het herstel. Daar is nog 3 230 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Daar is reeds 178 470 toetse regoor die land gedoen.  (Al bogenoemde getalle mag deur die loop van die dag verander).

Volgens die laaste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar tans 15  positief-getoetste gevalle. In Emfuleni is daar 11 en in Lesedi (Heidelberg-omgewing) is daar 2. Dit is nog nie bekend vanwaar in die streek die nuwe twee gevalle is nie. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.

Covid-19 gevalle in provinsies:

Wes-Kaap – 1 737 (35 sterftes) en (236 wat herstel het)

Gauteng – 1 353 (8 sterftes) en (843 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 902 (30 sterftes) en (241 wat herstel het)

Oos-Kaap – 588 (10 sterftes) en (19 wat herstel het)

Vrystaat – 111 (5 sterftes) en (76 wat herstel het)

Limpopo – 31 (2 sterfte) en (24 wat herstel het)

Noordwes – 28 (13 het herstel)

Mpumalanga – 26 (15 het herstel)

Noord-Kaap – 17 (6 het herstel)

Nog nie aan ‘n provinsie toegeken – 0

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou meer as 3 miljoen met 3 065 176 (gister was dit 2 996 556) – meer as ‘n miljoen pasiënte is van die VSA. Tot dusver het die virus reeds 211 631 lewens geëis (gister was dit 207 022) en 922 862 het herstel (gister was die aantal 881 845). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope 18 dae op die lys gevoeg nie).

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 010 507 (vorige aantal 987 322) en 56 803 sterftes (vorige aantal was 55 415).
  • Spanje – 229 422 gevalle (vorige aantal was 226 629) en 23 521 sterftes.
  • Italië – 199 414 gevalle (vorige aantal 197 675) en die tweede hoogste sterftesyfer van 26 977.
  • Frankryk – 165 842 gevalle (vorige aantal 162 100) en 23 293 sterftes.
  • Duitsland – 158 758 gevalle (vorige aantal 157 770) en 6 126 sterftes.
  • Verenigde Koninkryk – 157 149 gevalle (vorige aantal 152 840) en 21 092 stertes.
  • Turkye – 112 261 gevalle (vorige aantal 110 130) en 2 900 sterftes.
  • Iran – 91 472 gevalle (vorige aantal 90 481) en 5 806 sterftes.
  • Rusland het verby China geskuif – 87 147 gevalle (vorige aantal 80 949) en 794 sterftes.
  • China – 82 836 gevalle (vorige aantal 82 830) en wat 4 633 sterftes. Daar is nog net 648 aktiewe gevalle in die land.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button