NewsNews

Buurland trek sneeukombers oor

VANDERBIJLPARK.- Daar is ‘n grys stilte vanoggend oor Vanderbijlpark. Die wolke het laag laer getrek.

Die lug is koud. Die weer toep op my foon voorspel 80% kans van reën met ‘n maksimum temperatuur van 15˚C… die spesifieke weer toep is nie altyd reg nie. Enige iets onder 20˚ is mos tussen koud en baie koud vir ons. Die volgende 10 dae lyk darem so effe beter. Dalk het Winter ons nog net kom skrikmaak.

LEES OOK: Lockdown-fotograwe wys inperking wie’s baas

In Lesotho by die Afriski Mountain Resort is daar geen twyfel meer nie. Hulle wéét dis nou winter. Die hele area is toe onder ‘n sneeukombers. Op die faceboook blad, Storm Report SA, het hulle sommer vroegoggend al ‘n paar foto’s gedeel van die pragtige tonele wat die inwoners begroet het.

LEES OOK: Sneeu in Lesotho laat temperatuur val!

Martin Schultz, een van die oord se bestuurders, het in ‘n video op sy facebook blad gesê daar het laasnag etlike sentimeters sneeu geval en dat hierdie die tweede keer is dat hul sneeu hierdie maand kry. Gaan kyk gerus na meer van hul foto’s en sneeu video’s op Afriski Mountain Resort se facebook page. Maar, gaan maak net eers vir jouself ‘n warm beker koffie… ‘n Mens kry sommer koud as jy al die sneeu sien!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button