NewsNews

Sasolburgers sing saam met 1000 ander

Nkosi Sikelel' iAfrika – God seën Afrika.

Die lied waar Suid-Afrikaners in vyf landstale saamsing en wat al sedert 1997 wêreldwyd oor sport stadions en byeenkomste ge-ego het. Hoeveel keer is dit nie laasjaar gesing toe ons in massas opgeruk het om die Springbokke te ondersteun en later terug te verwelkom in die land nie? Hoendervleis-oomblikke.

LEES OOK: Sneeu in Lesotho laat temperatuur val!

Op die oomblik het niemand ‘n benul oor wanneer en waar daar weer so ‘n groot skare mense saam sal mag kom om dit te sing nie. Tog het ons nodig om dit weer te hoor. ‘n Groep Suid-Afrikaanse kunstenaars het ook so gedink en so het die #AnthemChallengeRSA begin. Aan die begin van die grendelstaat tydperk het meer as 50 kunstenaars, elkeen vanuit hul eie huise, Nkosi Sikelel’ iAfrika opgeneem. Elke opname is aangestuur en die organiseerders van die uitdaging het dit toe tot een video verwerk. Daarna is ‘n uitnodiging aan die publiek en kore landswyd gerig om ook die lied op te neem en in te stuur.

LEES OOK: Geen keer aan lockdown-fotograwe se talent

Marida Steurer van Sasolburg en haar sussie, Ineke Swanepoel het so via die Amici koor ook aan die groot projek deelgeneem. Marida het in ‘n telefoniese onderhoud gesê hulle het ‘n video van die organiseerders ontvang met die 50 kunstenaars se stemme op ontvang. Jy moes dan kies of jy alt, tenoor, bas of sopraan gaan sing en dan na die betrokke weergawe met ‘n oorfoontjie luister terwyl jy sing en dit opneem. Sy sê hulle was gelukkig, hulle het darem goeie toerusting in die huis aangesien haar man leraar van Sasolburg Fonteine gemeente is en dus gereeld opnames moet doen. Van die ander het laat weet dit was nogal moeilik om so uit die vuis uit te sing met net die stem in jou oor én nog mooi genoeg te lyk vir jouself op video!

LEES OOK: Wat is ‘n vesellyn en hoe kry jy dit?

James Bassingthwaighte, wat deel was van die #AnthemChallengeRSA se kreatiewe span het in ‘n persverklaring gesê hulle was oorweldig met die reaksie op hul uitnodiging. Hulle het families, groepe vriende, kore en orkeste gehad wat positief op die uitnodiging gereageer het. Die finale video is op Vryheidsdag, 27 April 2020 op YouTube geplaas onder die titel  “One Thousand South Africans Perform Our Anthem”. Gaan kyk gerus hier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button