Vaal Sportmuseum bars uit sy nate
Ettienne van Rensburg SASOLBURG. – Die Vaal Sportmuseum wat eersdaags sy deure by die DP de Villiers-stadion gaan open, spog reeds met memorabilia van 305 Vaaldriehoekse Protea- sportmanne en vroue van regoor die sportspektrum in sy versameling. Die sportsoorte wat reeds in die museum pronk sluit onder meer boks, gholf, liggaamsbou, rugby, netbal, boogskiet, stoei, …
Ettienne van Rensburg
SASOLBURG. – Die Vaal Sportmuseum wat eersdaags sy deure by die DP de Villiers-stadion gaan open, spog reeds met memorabilia van 305 Vaaldriehoekse Protea- sportmanne en vroue van regoor die sportspektrum in sy versameling.
Die sportsoorte wat reeds in die museum pronk sluit onder meer boks, gholf, liggaamsbou, rugby, netbal, boogskiet, stoei, hengel, judo en atletiek in en die lys gaan net aan en aan. Volgens Piet Brand en Theuns Erasmus die meesterbreine en dryfkrag agter die projek vorder dinge goed. “Ons benodig egter befondsing. Daar is vier kratte vol memorabilia wat nog geraam moet word,” het Erasmus aan Vaalweekblad gesê.
Die sportsoorte wat Erasmus-hulle graag by die die museum se uitstalling wil voeg is: pluimbal, muurbal, skaak, skerm (fencing), vlugbal (volleyball), tafeltennis, kragoptel (weightlifting) en ruitersport (equestrian). Brand-hulle het tot dusver ‘n reuse-taak verrig om al die memorabilia bymekaar te maak. Diegene wat belangstel om skenkings te maak kan Piet Brand by Piet by 083 626 8888 skakel.




