Local newsNewsNews
28 April: Midvaal registreer eerste Covid-19 lyer
Tot dusver was daar 15 amptelike Covid-19 gevalle in Sedibeng. Midvaal het nou 1 Covid-19 pasiënt, Emfuleni het 11 en Lesedi (Heidelbergstreek) het 3. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie. Volgens die nuutste amptelike Covid-19 getalle het 5 van Sedibeng se Covid-19 gevalle darem herstel.

Daar is in totaal 1 353 Covid-19 gevalle in Gauteng, waarvan 876 herstel het en 8 gesterf het.
Die ander streke in Gauteng sien so daaruit:
Johannesburg is steeds die kern met – 804 (589 herstel)
Ekurhuleni – 300 (164 herstel)
Tshwane – 136 (94 herstel)
Wes Rand – 43 (24 herstel)
Nie toegeken aan spesifieke streek – 55
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



