29 April – Amper 5 000 Covid-19 lyers in SA
SA se nuwe Covid-19 gevalle is gisteraand aangekondig en is net vier kort van 5 000 met 4 996 (dit het nog nie intussen weer verander nie). Die vorige aantal was 4 793, wat beteken daar is 203 nuwe gevalle. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het nog drie lyers gesterf (al drie is van die Wes-Kaap) wat die totaal op 93 steftes te staan bring. Daar het reeds en 2 073 het herstel. Daar is nog 2 830 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Daar is reeds 185 497 toetse regoor die land gedoen. (Al bogenoemde getalle mag deur die loop van die dag verander).

Volgens die laaste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar tot dusver 15 positief-getoetste gevalle geregistreer. In Emfuleni is daar 11, in Midvaal 1 en in Lesedi (Heidelberg-omgewing) is daar 3. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.
Covid-19 gevalle in provinsies:
Wes-Kaap – 1 737 (38 sterftes) en (236 wat herstel het)
Gauteng – 1 353 (8 sterftes) en (843 wat herstel het)
KwaZulu Natal – 902 (30 sterftes) en (241 wat herstel het)
Oos-Kaap – 588 (10 sterftes) en (19 wat herstel het)
Vrystaat – 111 (5 sterftes) en (76 wat herstel het)
Limpopo – 31 (2 sterftes) en (24 wat herstel het)
Noordwes – 28 (13 het herstel)
Mpumalanga – 26 (15 het herstel)
Noord-Kaap – 17 (6 het herstel)
Nog nie aan ‘n provinsie toegeken – 0
Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 3 138 989 (gister was dit 3 065 176) – meer as ‘n miljoen pasiënte is van die VSA. Tot dusver het die virus reeds 218 013 lewens geëis (gister was dit 211 631) en 956 094 het herstel (gister was die aantal 922 862). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope 19 dae op die lys gevoeg nie).
Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)
- Die VSA het die meeste lyers – 1 035 765 (vorige aantal 1 010 507) en 59 266 sterftes (vorige aantal was 56 803).
- Spanje – 232 128 gevalle (vorige aantal was 229 422) en 23 822 sterftes.
- Italië – 201 505 gevalle (vorige aantal 199 414) en die tweede hoogste sterftesyfer van 27 359.
- Frankryk – 165 911 gevalle (vorige aantal 165 842) en 23 660 sterftes.
- Verenigde Koninkryk het verby Duitsland geskuif – 161 145 gevalle (vorige aantal 157 149) en 21 678 sterftes.
- Duitsland – 159 912 gevalle (vorige aantal 158 758) en 6 126 sterftes.
- Turkye – 114 653 gevalle (vorige aantal 112 261) en 2 992 sterftes.
- Rusland het by Irans verby geskuif – 93 558 gevalle (vorige aantal 87 147) en 867 sterftes.
- Iran – 92 584 gevalle (vorige aantal 91 472) en 5 806 sterftes.
- China – 82 858 gevalle (vorige aantal 82 836) en wat 4 633 sterftes. Daar is nog net 647 aktiewe gevalle in die land.



