Local newsNewsNews

Lockdown-fotograwe hou dit interessant

'n Mens sal dink daar is maar min om af te neem tydens die inperking, maar moenie glo nie, die "lockdown-fotograwe" weet hoe om dit interessant te hou. Dit word duidelik bewys deur die pragfoto’s wat dag na dag deur die “lockdown-fotograwe” geneem word. Die inperking het wel verhoed dat mense vrylik kan rondbeweeg, maar dit kon duidelik nie mense se kreatiwiteit 'n halt bring nie.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Alecia Bester van Vanderbijlpark het hierdie mooi natuurfoto geneem.
Amanda Vermeulen van Kempton Park het ook ‘n kleurvolle foto vasgevang.
Hennie Coetsee van Meyerton weet hoe om mens mond te laat water vir vrugte.
Eileen Pretorius van Vanderbijlpark het hierdie pragtige makrofoto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie pragtige skoenlapper afgeneem.
Gert Terblanche van Vanderbijlpark het hierdie kleurvolle vlamme kunstig vasgevang.
Hierdie kunstige foto behoort aan Johan Froneman van Vanderbijlpark.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button