Covid19-padblokkades daar om te beskerm
Ettienne van Rensburg VANDERBIJLPARK. – In onsekere tye soos wat tans tydens die nasionale grendeltydperk beleef word, is dit maklik om slegs op die negatiewe te fokus. Daar is baie helde wat op die voorste linie in die geveg teen die Covid19-pandemie hulself en hulle gesinne in gevaar stel om die land en die Vaaldriehoek …

Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK. – In onsekere tye soos wat tans tydens die nasionale grendeltydperk beleef word, is dit maklik om slegs op die negatiewe te fokus. Daar is baie helde wat op die voorste linie in die geveg teen die Covid19-pandemie hulself en hulle gesinne in gevaar stel om die land en die Vaaldriehoek se inwoners te beskerm.
Vaalweekblad het op 30 April aan die vooraand van die verligting van die nasionale staat van inperking – met vergunning en toestemming van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) – die Covid19-padblokkades op die R59 en N1-snelweg besoek. Die SAPD, Gauteng Verkeersdepartement en Suid-Afrikaanse Weermag verrig tans ‘n reuse taak om te verseker dat Gautengers en Vaaldriehoekers die reëls en regulasies van die grendeltyd handhaaf. Benewens gewone werksure word daar ook baie ure oortyd gedurende die inperkingstydperk ingesit.




















Sover blyk dit dat die Vaaldriehoekers die wet gehoorsaam, maar daar word weer benadruk dat slegs noodsaaklike persoonlike en werksreise onderneem moet word. Boetes vir oortreding van die Wet op Rampbestuur, 2002 gedurende die grendeltyd wissel tussen R1 500 en R5 000.
*Hiernaas is ‘n uiteensetting van die riglyne van dié boetes:






