NewsNews

1 Mei: SA registreer reeds 5 647 Covid-19 gevalle

Volgens die nuutste syfers wat gisteraand bekend gemaak is, is daar nou reeds 5 647 Covid-19 gevalle in SA (die vorige aantal was 5 350 – dus 297 nuwe geregistreerde gevalle sedert gister). Hierdie getal het nog nie weer sedert gisteraand verander nie.   Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds  en  2 073 het herstel en 103 pasiënte het gesterf.  Daar is nog 3 471 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Daar is reeds 207 530 toetse regoor die land gedoen. Daarvan was 10 403 in die laaste 24 uur gedoen. (Al bogenoemde getalle mag deur die loop van die dag verander).

Volgens die laaste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar tot dusver 16  positief-getoetste gevalle geregistreer. In Emfuleni is daar 12, in Midvaal 1 en in Lesedi (Heidelberg-omgewing) is daar 3. Vyf van die bogenoemde pasiënte het herstel. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.

Covid-19 gevalle in provinsies:

Wes-Kaap – 2 342 (42 sterftes) en (236 wat herstel het)

Gauteng – 1 446 (11 sterftes) en (843 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 980 (32 sterftes) en (241 wat herstel het)

Oos-Kaap – 647 (11 sterftes) en (19 wat herstel het)

Vrystaat – 116 (5 sterftes) en (76 wat herstel het)

Mpumalanga – 36 (15 het herstel)

Limpopo – 32 (2 sterftes) en (24 wat herstel het)

Noordwes – 31 (13 het herstel)

Noord-Kaap – 17 (6 het herstel)

Nog nie aan ‘n provinsie toegeken – 0

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 3 308 772 (gister was dit 3 221 029), Tot dusver het die virus reeds 234 133 lewens geëis (gister was dit 228 252) en 1 042 993 het herstel (gister was die aantal 1 004 079). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Na die afgelope 20 dae het die 210 lande wat gebuk gaan onder die virus nou 212 lande geword.

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 095 304 (vorige aantal 1 064 572) en 63 871 sterftes (vorige aantal was 61 669).
  • Spanje – 239 639 gevalle (vorige aantal was 236 899) en 24 543 sterftes.
  • Italië – 205 463 gevalle (vorige aantal 203 591) en die tweede hoogste sterftesyfer van 27 967.
  • Verenigde Koninkryk het verby Frankryk op die lys geskuif – 171 253 gevalle (vorige aantal 165 221) en 26 771 sterftes.
  • Frankryk – 167 178 gevalle (vorige aantal 166 420) en 24 376 sterftes.
  • Duitsland – 163 009 gevalle (vorige aantal 161 539) en 6 623 sterftes.
  • Turkye – 120 204 gevalle (vorige aantal 117 589) en 3 174 sterftes.
  • Rusland  – 106 498 gevalle (vorige aantal 99 399) en 972 sterftes.
  • Iran – 94 640 gevalle (vorige aantal 93 657 ) en 6 028 sterftes.
  • Brazil – 87 187 gevalle en 6 006 sterftes.
  • China – 82 874 gevalle (vorige aantal 82 862) en wat 4 633 sterftes. Daar is nog net 599 aktiewe gevalle in die land.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button