Inkopiegangers keer terug na winkelsentrums namate meer winkels oopmaak
VEREENIGING. – Met talle winkels wat Vrydag 1 Mei weer vir besigheid heropen het, het talle inkopiegangers na winkelsentrums in die Vaaldriehoek gestroom. Vlak 4 van die staat van inperking het om middernag in werking getree en hiervolgens mag babklere, winterklere en beddegoed nou ook verkoop word. Restaurant mag nou ook bestellings aflewer. By River …
VEREENIGING. – Met talle winkels wat Vrydag 1 Mei weer vir besigheid heropen het, het talle inkopiegangers na winkelsentrums in die Vaaldriehoek gestroom.
Vlak 4 van die staat van inperking het om middernag in werking getree en hiervolgens mag babklere, winterklere en beddegoed nou ook verkoop word.
Restaurant mag nou ook bestellings aflewer.
By River Square in Drie Riviere waar heelwat klerewinkels, selfoonwinkels en kitskosrestaurante (slegs vir aflewering) heropen het was lang rye mense buite die winkelsentrum sigbaar.
River Square was op Werkersdag tussen 09:00 en 14:00 oop.
Hoewel besigheidsure van die verskillende winkels binne die winkelsentrum verskil sal sentrum gedurende die week en op Saterdae vanaf 09:00 tot 17:00 oop wees.
Besigheidsure vir Sondae is tussen 09:00 en 14:00.
Die winkelsentrum het in ‘n plasing op Facebook inkopiegangers gevra om sosiale afstand toe te pas, gereeld hul hande te was en maskers te dra.



