Local newsNewsNews
2 Mei: Tot dusver 18 Covid-19 gevalle in Sedibeng
Volgens die nuutste Covid-19 syfers wat deur die Gauteng Provinsie bekend gemaak is, is daar tot op hede 18 pasiënte in Sedibeng aangemeld. Daarvan het 5 pasiënte herstel. Die gevalle is Sedibeng is: Emfuleni 14, Midvaal 1 en Lesedi, wat die Heidelberg-omgewing is, het 3. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.

Daar is in totaal reeds 1 507 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 948 herstel het en 12 gesterf het.
Die streke in Gauteng sien so daaruit:
Johannesburg is steeds die kern met – 865 (591 herstel)
Ekurhuleni – 328 (225 herstel)
Tshwane – 187 (96 herstel)
Wes Rand – 45 (31 herstel)
Sedibeng – 18 (5 herstel)
Nie toegeken aan spesifieke streek – 64
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



