3 Mei: SA se Covid-19 gevalle nou 6 336
SA se Covid-19 gevalle is nou 6 336 nadat daar gister 385 gevalle bygekom het (die vorige aantal was 5 951). Daar is ook 7 nuwe sterfgevalle wat die sterftesyfer op 123 te staan bring. Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 2 549 pasiënte herstel. Daar is nog 3 664 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 230 686 toetse regoor die land gedoen.

Volgens die laaste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar tot steeds tot dusver 18 positief-getoetste gevalle geregistreer. In Emfuleni is daar 14, in Midvaal 1 en in Lesedi (Heidelberg-omgewing) is daar 3. Vyf van die bogenoemde pasiënte het herstel. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.
COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:
Wes-Kaap – 2 700 (56 sterftes) en (779 wat herstel het)
Gauteng – 1 598 (12 sterftes) en (948 wat herstel het)
KwaZulu Natal – 1 051 (34 sterftes) en (375 wat herstel het)
Oos-Kaap – 732 (13 sterftes) en (275 wat herstel het)
Vrystaat – 121 (6 sterftes) en (96 wat herstel het)
Mpumalanga – 40 (0 sterftes) en (18 het herstel)
Limpopo – 36 (2 sterftes) en (25 wat herstel het)
Noordwes – 35 (0 sterftes) en (20 het herstel)
Noord-Kaap – 23 (0 sterftes) en (13 het herstel)
Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 3 3484 558 (gister was dit 3 3401 351), Tot dusver het die virus reeds 244 786 lewens geëis (gister was dit 239 615) en 1 121 612 het herstel (gister was die aantal 1 083 816). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is 112 lande wat gebuk gaan onder die virus.
Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)
- Die VSA het die meeste lyers – 1 160 774 (vorige aantal 1 131 452) en 67 444 sterftes (vorige aantal was 65 776).
- Spanje – 245 567 gevalle (vorige aantal was 242 988) en 25 100 sterftes.
- Italië – 209 328 gevalle (vorige aantal 207 428) en die tweede hoogste sterftesyfer van 28 710.
- Verenigde Koninkryk – 182 260 gevalle (vorige aantal 177 454) en 28 131 sterftes.
- Frankryk – 168 396 gevalle (vorige aantal 167 346) en 24 760 sterftes.
- Duitsland – 164 967 gevalle (vorige aantal 164 077) en 6 812 sterftes.
- Turkye – 124 375 gevalle (vorige aantal 122 392) en 3 336 sterftes.
- Rusland – 124 054 gevalle (vorige aantal 114 431) en 1 222 sterftes.
- Brazil – 97 100 gevalle (vorige aantal 92 202) en 6 761 sterftes.
- Iran – 96 448 gevalle (vorige aantal 95 646) en 6 156 sterftes.
- China – 82 877 gevalle (vorige aantal 82 875) en wat 4 633 sterftes. Daar is nog net 531 aktiewe gevalle in die land.



