Local newsNewsNews

Lockdown-fotograwe wys hoe mooi herfs is

Elke seisoen het sy prag, en vandag word dit bewys deur die herfsfoto's wat ingestuur is. Van die “lockdown-fotograwe” het die seisoen op natuurlike wyse vasgevang, terwyl ander so bietjie rondgespeel en foto's opgestel het.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Alecia Bester van Vanderbijllpark het die prag-foto van die son wat tussen die bome deurskyn geneem.
Chris Barnard van Vanderbijlpark het herfsblare gebruik om die stillewe op te stel.
Ria Viljoen van Garsfontein het die herfs-samestelling geneem.
Estelle Dannhauser van Vanderbijlpark het die mooi herfsblare raakgesien.
Helena Nel van Vanderbijlpark se herfsfoto.
Dit is hoe herfs lyk deur Hennie Coetsee van Meyerton se “oë”.
Johan Froneman van Vanderbijllark het ook “ingezoom” op herfs.
Karien Booysen van Vanderbijlpark het die herfsbome in ‘n ry afgeneem.
Hester Barnard van Vanderbijlpark het die mooi foto opgestel.
Karien Booysen van Vanderbijlpark het die straattoneel met sy herfsbome afgeneem.
Retha Froneman van Vanderbijlpark het die makrofoto geneem.
Willie Barnard van Vanderbijlpark se herfsfoto.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button