Local newsNewsNews

3 Mei: Sedibeng se Covid-19 gevalle skuif op na 19

Sedert gister se getalle is daar 1 nuwe Covid-19 geval in Sedibeng geregistreer. Die nuuste geval is vanuit Midvaal.  Volgens die nuutste  Covid-19 syfers wat deur die Gauteng Provinsie bekend gemaak is, is daar nou tot op hede 19 pasiënte in Sedibeng aangemeld. Daarvan het 6 pasiënte herstel.  Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 14, Midvaal 2 en Lesedi, wat die Heidelberg-omgewing is, het 3. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.

Daar is in totaal  reeds 1 598 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 979 herstel het en 12 gesterf het. Daar is dus nog 619 aktiewe gevalle.

Die streke in Gauteng sien so daaruit:

Johannesburg is steeds die kern met – 920 (603 herstel) = 317 aktiewe gevalle

Ekurhuleni – 349 (235 herstel) = 114 aktiewe gevalle

Tshwane – 201 (104 herstel) = 97 aktiewe gevalle

Wes Rand – 45 (31 herstel) = 14 aktiewe gevalle

Sedibeng – 19 (6 herstel) = 13 aktiewe gevalle

Nie toegeken aan spesifieke streek – 64

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button