Local newsNewsNews
Bid asb. vir Manie vra Christel
Die gewilde plaaslike sanger, Manie Jackson, is vir eers terug by die huis nadat hy siek geword en gister by 'n hospitaal moes ondersoek en behandel word. Hy word tans verder by die huis behandel terwyl daar vir die uitslae van sy longtoetse gewag word.
Sy vrou, Christel, het Manie se aanhangers op sy Facebookblad in kennis gestel van al die verwikkelinge rakende sy gesondheid. Sy het sy aanhangers gerus gestel met die nuus dat hy nie Covid-19 onder lede het nie. Hy sterk nou tuis aan. Manie is steeds swak en kry suurstof om met sy asemhaling te help.
“Met die genade van ons Hemelse Vader het hy NIE Covid-19 nie. Ons kry sy longtoetse more en dan sal ons meer weet wat aangaan. Hy is swak, maar rustig. Bid asb. ek waardeer dit opreg. Ons is lief vir julle,” het Christel gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



