5 Mei: SA se Covid-19 gevalle is nou 7 220
SA se Covid-19 gevalle is nou 7 220 nadat daar gister 437 gevalle bygekom het (die vorige aantal was 6 783). Daar is ook 7 nuwe sterfgevalle wat die sterftesyfer op 138 te staan bring. Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 2 746 pasiënte herstel. Daar is nog 4 103 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 257 541 toetse regoor die land gedoen.

Volgens die laaste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar tot steeds tot dusver 21 positief-getoetste gevalle geregistreer. In Emfuleni is daar 14, in Midvaal 4 en in Lesedi (Heidelberg-omgewing) is daar 3. Ses van die bogenoemde pasiënte het herstel. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.
COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:
Wes-Kaap – 3 362 (64 sterftes) en (833 wat herstel het)
Gauteng – 1 661 (14 sterftes) en (979 wat herstel het)
KwaZulu Natal – 1 106 (35 sterftes) en (415 wat herstel het)
Oos-Kaap – 814 (17 sterftes) en (341 wat herstel het)
Vrystaat – 125 (6 sterftes) en (96 wat herstel het)
Mpumalanga – 53 (0 sterftes) en (22 het herstel)
Limpopo – 39 (2 sterftes) en (27 wat herstel het)
Noordwes – 35 (0 sterftes) en (20 het herstel)
Noord-Kaap – 25 (0 sterftes) en (13 het herstel)
Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 3 646 304 (gister was dit 3 566 804), Tot dusver het die virus reeds 252 425 lewens geëis (gister was dit 248 304) en 1 200 297 het herstel (gister was die aantal 1 156 982). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is 112 lande wat gebuk gaan onder die virus.
Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)
- Die VSA het die meeste lyers – 1 212 900 (vorige aantal 1 188 384) en 69 921 sterftes (vorige aantal was 68 600).
- Spanje – 248 301 gevalle (vorige aantal was 247 122) en 25 428 sterftes.
- Italië – 210 717 gevalle (vorige aantal 209 328) en die tweede hoogste sterftesyfer van 28 884.
- Verenigde Koninkryk – 186 599 gevalle (vorige aantal 182 260) en 28 446 sterftes.
- Frankryk – 168 693 gevalle (vorige aantal 168 396) en 24 895 sterftes.
- Duitsland – 165 664 gevalle (vorige aantal 164 967) en 6 866 sterftes.
- Rusland – 134 687 gevalle (vorige aantal 124 054) en 1 280 sterftes.
- Turkye – 126 045 gevalle (vorige aantal 124 375) en 3 397 sterftes.
- Brazil – 101 826 gevalle (vorige aantal 97 100) en 7 051 sterftes.
- Iran – 97 424 gevalle (vorige aantal 96 448) en 6 203 sterftes.
- China – 82 880 gevalle (vorige aantal 82 877) en wat 4 633 sterftes. Daar is nog net 481 aktiewe gevalle in die land.



