Foto’s sal geneem word, kom wat wil
Die dae van inperking word meer, maar die lockdown-fotograwe se kreatiwiteit en puik foto's word nie minder nie. Party fotograwe wag geduldig totdat daar iets natuurliks afspeel wat afgeneem kan word, party bespeur die omgewing uit 'n kunstige oogpunt, terwyl ander weer hul kunstigheid vrye teuels gee en foto's opstel. Hoe dit ookal sy, Vaalweekblad is trots om nog 'n goeie versameling van die lockdown-fotograwe se foto's te deel.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.












