Mei 7: Nog ‘n Sedibeng Covid-19 lyer herstel
Sedibeng staan sedert 4 Mei op ‘n totaal van 21 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan daar tot en met gister 6 pasiënte was wat van die virus herstel het. Volgens die nuutste statistiek wat deur die Gautengse Departement vrygestel is, het daar intussen nog 'n pasiënt herstel en is daar geen nuwe gevalle in Sedibeng geregistreer nie.

Dit beteken dat daar steeds 21 geregistreerde Covid-19 gevalle in Sedibeng is en dat daar nou 7 pasiënte is wat herstel het. In totaal is daar dus nog 14 aktiewe Covid-19 gevalle in die streek. Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 14, Midvaal 4 en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 3. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.
Daar is in totaal reeds 1 720 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 1 053 herstel het en 15 gesterf het. Daar is dus nog 661 aktiewe gevalle.
Die streke in Gauteng sien so daaruit:
Johannesburg is steeds die kern met – 979 (632 herstel) = 347 aktiewe gevalle
Ekurhuleni – 370 (274 herstel) = 96 aktiewe gevalle
Tshwane – 235 (108 herstel) = 119 aktiewe gevalle
Wes Rand – 51 (32 herstel) = 19 aktiewe gevalle
Sedibeng – 21 (7 herstel) = 14 aktiewe gevalle
Nie toegeken aan spesifieke streek – 64



