Local newsNewsNews

Lockdown-fotograwe se kunstigheid nie ingeperk nie

Die lockdown-fotograwe se verbeelding en vindingrykheid is beslis nie vasgevang in die web van die nasionale inperking nie. Vaalweekblad kan net sê: knap gedaan! Hier is nog 'n puik "oes" wat ontvang is en ons deel dit graag met almal.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Louis McPherson van Vanderbijlpark het hierdie monochroom stillewe opgestel.
Marina Louw van Vanderbijlpark het hierdie pragtige foto geneem.
Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het hierdie makrofoto van ‘n by geneem.
Chris Barnard van Vanderbijlpark het hierdie monochroom foto geneem (die program het die foto effens afgesny – Vaalweekblad vra verskoning).
Elize Verwey van Sasolburg het hierdie pragtige sonsondergang oor die Vaalrivier afgeneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mistige herfsoggend afgeneem.
June Bartlett van George het haar klein Hatchi afgeneem.
Rose met waterdruppels daarop geneem deur Hanti Pretorius van Vereeniging.
Esna Kruger van Vanderbijlpark het hierdie kunstige stillewe afgeneem.
Zak van der Merwe van Vanderbijlpark het hierdie pragtige pienk roos in sy tuin afgeneem.
Hallo! Eileen Pretorius van Vanderbijlpark hierdie pragtige makrofoto geneem.
Mooi van lelikheid! Hennie Coetsee van Meyerton het hierdie natuurfoto geneem.
Manie Koekemoer van Vanderbijlpark het die springkaan in sy tuin afgeneem.
Natasja Kruger van Vereeniging het die vurige foto geneem.
Totsiens. Johan Froneman van Vanderbijlpark het die foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button