Local newsNewsNews

Lockdown-fotograwe se kundigheid en kunstigheid gaan hand-aan-hand

Behalwe vir die feit dat die lockdown-fotograwe 'n oog vir "detail" en kuns het, het hulle beslis ook die nodige vernuf om die oomblik netjies vas te vang. Vaalweekblad deel graag weer met trots nog van die puik foto's wat ontvang is.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

June Bartlett, ‘n professionele fotograaf van George, gebruik die inperking om haar verwerkingtegnieke te bemeester.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die monochroom natuurfoto geneem.
Die kreatiewe foto is deur Eileen Pretorius van Vanderbijlpark geneem.
Esna Kruger van Vanderbijlpark het hierdie interessante stillewe opgestel.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie prag-natuurfoto geneem.
Hierdie skattige  foto van Peggy-Sue wat die groen gras, asook die baie aandag van haar ma geniet, is deur Natasha Roodt van Marble Hall in Limpopo geneem. – (Wil julle nie ook sommer vir Peggy-Sue ‘n soen gee nie! Sy is te dierbaar – Red)
Monica Warren van Richardsbaai het die pragtige “wolkskildery” afgeneem.
Natasja Kruger van Vereeniging het die baie naby foto van die maan geneem.
Manie Koekmoer van Vanderbijlpark het die besondere pienk blom afgeneem.
Karin Cronjé van Standerton het die pragtige herfsfoto geneem.
Marina Louw het dié kunswerk sommer in haar huis in Vanderbijlpark geneem.
Nicolene Swart van Vanderbijlpark het die kreatiewe monochroom foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button