Local newsNewsNews

9 Mei: Sedibeng het nou 22 Covid-19 gevalle (1 meer in Midvaal)

Sedibeng het volgens die nuutste beskikbare getalle 22 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan daar gelukkig reeds 8 pasiënte van die virus herstel het. Volgens die nuutste statistiek wat deur die Gautengse Departement vrygestel is, is die nuutste geval in die Sedibengstreek vanuit Midvaal.

Dit beteken dat daar 22 geregistreerde Covid-19 gevalle in Sedibeng is waarvan 14 gevalle steeds aktief is. Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 14, Midvaal 5 en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 3. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.

Daar is in totaal  reeds 1 851 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 1 247 herstel het en 18 gesterf het. Daar is dus nog 604 aktiewe gevalle.

Die streke in Gauteng sien so daaruit:

Johannesburg – 1 029 (816 herstel) = 213 aktiewe gevalle

Ekurhuleni – 402 (280 herstel) = 122 aktiewe gevalle

Tshwane – 278 (109 herstel) = 169 aktiewe gevalle

Wes Rand – 55 (34 herstel) = 21 aktiewe gevalle

Sedibeng – 22 (8 herstel) = 14 aktiewe gevalle

Nie toegeken aan spesifieke streek – 65

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button