Local newsNewsNews

Natuur bied prag-oomblikke aan fotograwe

Danksy die natuur is daar nooit 'n tekort aan pragtige oomblikke en fotogeleenthede vir die "lockdown-fotograwe" nie ... en gelukkig vang die talentvolle fotograwe dié oomblikke vas en stuur dit aan Vaalweekblad. Dit is dus ons voorreg om vandag nog pragfoto's met lesers te deel.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Drikcy Gouws van Vanderbijlpark het hierdie voël in haar tuin afgeneem toe hy kom “inkopies” doen het.
Albertus Kriel van Vereeniging het hierdie mooi sonsondergang by Vaal Barrage afgeneem.
Eileen Pretorius van Alberton het hierdie pragtige vetplant afgeneem.
André Jordaan van Vanderbijlpark het die uitsig te veel geniet om nie verewig vas te vang nie.
Hennie Coetsee van Meyerton sê hy was verbaas toe hy die foto neem en sien dat die Troupand ‘n padda vir ete gevang het.
Karin Cronjé van Standerton laat nie die mooi rondom haar ongesiens verbygaan nie.
Michelle Hart van Sasolburg het hierdie mooi sonsondergang afgeneem.
Natasja Kruger van Vereeniging stuur hierdie positiewe boodskap deur middel van haar fotografiekuns.
Die seisoene van verandering! Hanti Pretorius van Vereeniging het die foto geneem.
Nicolaas Louw van Vanderbijlpark het hierdie kunstige monochroom foto geneem.
Esna Kruger van Vanderbijlpark het hierdie besondere blommetjies raakgesien en afgeneem. (Die program het die foto effens afgesny – Vaalweekblad vra verskoning).
Johan Froneman van Vanderbijlpark het ook ‘n geveerde vriend in sy tuin bespeur en afgeneem.
Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het hierdie klein rooi “gelukbringertjie” in haar tuin afgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button